NUWE PERSPEKTIEF - Pastoor Jacques Roos. 23/06/24

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 23. 06. 2024
  • N’ NUWE PERSPEKTIEF
    JOU WILL
    Jacobus 4:13 KOM nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak - 14julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. 16Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. 17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.
    Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. 6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
    Spreuke 3:5
    JOU GELD
    Jakobus 5:1 KOM nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. 2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. 3Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
    Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
    1 Tim 6:10
    Jacobus 5:4 Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare. 5Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag. 6 Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.
    Jakobus 5:7 WEES dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. 8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
    Jakobus 5:9 Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur.
    Romeine 8:18 WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
  • Zábava

Komentáře • 1