Video není dostupné.
Omlouváme se.

AS ONS DAN GENADE GEVIND HET - Past Ernest Potgieter - 07/06/2024

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 7. 07. 2024
  • AS ONS DAN GENADE GEVIND HET
    1) MOET ONS MET GOD WANDEL
    Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. - 1 Joh 1:7
    Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie. - 2 Korin 5:7
    2) MOET ONS OOK BOU
    En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen - Gen 6:22
    wat elkeen sal vergeld na sy werke:
    aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek-die ewige lewe; - Rom 2:6-7
    As julle My liefhet, bewaar my gebooie. - Joh 14:15
    3) SODAT ONS GERED KAN WORD
    En God het met Noag gespreek en gesê:
    Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou. - Gen 8:15 - 16
    MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. - Matt 24:36-37
    Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie. - Gen 9:23

Komentáře •