RAAF - Ek Wou Nog (Akoesties) PREDIKER Hoofstuk 1 (Herverbeel)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 7. 07. 2021
  • LIRIEKE:
    'n Seerplek
    Die grootte van my lyf
    Pleisters van lag en wyn en wegkwyn
    Maar dit bly so bitter rou
    ’n Haan kraai
    Dit was nog 'n lang nag
    Ek trek aan in blompatrone
    Maar alles bly so bitter blou
    Ek wil nog 'n sin vir jou skryf
    Die lewe het ’n punt gemaak
    Ek wil nog daai painting vir jou koop
    Tee mors op jou vloer
    Ek wil nog net een keer redeneer
    Stry totdat ons lag
    Nog 'n keer die son sien opkom
    Die lewe het 'n punt gemaak
    'n Stil hart
    Maar ek bloei 'n duisend woorde
    Ek dink want dit is donker
    En dis donker want ek dink
    'n Kort tyd
    Maar vir ewig is so lank
    Ek bêre al die goedjies van jou
    Maar dit bly so bitter rou
    Ek wil nog 'n sin vir jou skryf
    Die lewe het ’n punt gemaak
    Ek wil nog daai painting vir jou koop
    Tee mors op jou vloer
    Ek wil nog net een keer redeneer
    Stry totdat ons lag
    Nog 'n keer die son sien opkom
    Die lewe het 'n punt gemaak
  • Hudba

Komentáře • 28

  • @sakkiekloppers7066
    @sakkiekloppers7066 Před 2 lety +1

    Hallo julle twee! Het julle musiek hierdie jaar ontdek. Afrikaanse musiek maak my so moedeloos dat ek eerder my grasperk met n sker sal knip, soooo.... wel gedaan. Gaan so voort! Mooi instrumentasie, julle eer die woorde en knap komposisie!

  • @JirehDigitalMedia
    @JirehDigitalMedia Před 7 měsíci

    Diep, en hartroerend. Dankie vir die...

    • @RAAF
      @RAAF  Před 5 měsíci +1

      DANKIE!

  • @ReanCombrinck
    @ReanCombrinck Před 3 lety

    Lovit.

  • @justnoted2995
    @justnoted2995 Před rokem

    Dit is 'n cool song.. verg soepel bewegings in die uitbeelding daarvan

  • @dynamicloveministries334
    @dynamicloveministries334 Před 3 lety +1

    Hierdie lied maak mens vandag liefhe en nie wag vir more nie... Baie dankie.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      Wow, dit is mooi! Dankie!

  • @ruansiebert
    @ruansiebert Před 2 lety

    Love it. Great show gewees op Hermanus. Voorspoed*

  • @wynandjnr
    @wynandjnr Před 3 lety

    Wow. Stunning julle.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      Dankie Wynand!

  • @johannesengelbrecht
    @johannesengelbrecht Před 3 lety +3

    FANTASTIC! dit het al die vibes en super lyrics :)

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      Wow, Thanks Johannes! Ons waardeer dit man!

  • @Mr370degrees
    @Mr370degrees Před 3 lety

    Love your music, just beautiful.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety +1

      Thanks Jamo! Much appreciated :)

  • @ViljoenWillie
    @ViljoenWillie Před 3 lety

    Lovit. 🤘🏼

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      Thanks Willie!!!

  • @danelnel6970
    @danelnel6970 Před 3 lety

    Ongelooflik mooi! Julle twee moet asb net nooit ophou musiek maak nie!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety +1

      Baie dakie Danel - Ons sal sing tot ons stemme op raak ;)

  • @RusalkaSoapery
    @RusalkaSoapery Před 3 lety

    Beautiful video! Well done guys 🌟🔥😊

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety +1

      Thank you so much Simona! 😀

  • @hermanbotha1444
    @hermanbotha1444 Před 3 lety

    Welgedaan julle twee!
    Die liedjie laat mens dink. Ek sou graag meer agtergrond oor die lied wou hê. En 'n verduideliking van die naam daarvan?
    Is julle bereid om daarmee te help?
    Dankie vir 'n mooi stuk werk.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      Hi Herman - Absoluut. Ons het n volledige verduideliking uitgesit saam met die oorspronklike "Ek Wou Nog"in Januarie hierdie jaar. Jy kan dit gerus lees: czcams.com/video/nhuSe8MdrDc/video.html

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      Ek Wou Nog is deel van PREDIKER Hoofstuk Een, Bottomless Coffee Band se nuutste Afrikaanse EP wat deel vorm van 4 hoofstukke.
      Dis ‘n sielvolle ballade wat ‘n verhaal van verlies vertel. Die musiek video is in Nieu-Bethesda verfilm en neem kykers op ‘n roerende reis.
      “Ek het in Maart van 2020 ‘n kursus bygewoon in Johannesburg”, vertel Esté. “Ek het in Gauteng geland saam met die nuus dat die eerste Covid-19 geval in Suid-Afrika bevestig is. Die naweek het ek by een van my naaste vriendinne gebly en op die aand wat ons uiteindelik albei tyd het om om ‘n tafel te sit en te eet en te gesels, kry sy die oproep dat een van haar baie naby familie lede pas oorlede is. Die skok en hartseer in my vriendin se oë het my diep geraak. Ons het tot laatnag sit en huil en ek het besef hoe weerloos ons elkeen is wanneer ons verlies in die gesig staar.
      Ek het nie besef hoe noue verband daar was tussen al die gebeure van daardie naweek nie; dis asof daardie ervaring van verlies ‘n voorspelling was van wat vir ons wêreld voorlê, nog meer so nou as ooit; verlies. Ons het alle vorme van verlies ervaar in hierdie afgelope paar maande en elkeen van ons staan weerloos voor dit.”
      Lourens en Esté hoop dat daar vertroosting kan wees vir elkeen wat iets of iemand verloor het in hierdie pragtige, rou, pragtige ballade.
      Oor die skiet van die musiekvideo in Nieu-Bethesda se NG Kerk, vertel Lourens: “Ons was eintlik besig om Sewe Somers se musiek video te verfilm. Na ons sonsopkoms verfilming het ons gewag vir sagter lig oor ontbyt. Ek het gewonder hoe moontlik dit sal wees om te kyk hoe die binnekant van die kerk lyk. Esté het vir die eienaar van die restaurant gaan vra of sy iemand ken wat vir ons die kerk sal kan oopsluit en in tipiese Karoo styl en gasvryheid bel sy dadelik die koster, ‘n vriendin van haar, tannie Ansie… Ansie was heeltemal gemaklik, inteendeel, opgewonde, daaroor dat ons in die kerk verfilm en het eers vir ons al die geskiedenis vertel - ons kon tot die kerkklokke lui...”
      Dis toe Lourens en Esté en die span die atmosfeer van die kerk indrink dat hulle impulsief besluit het om eerder iets te probeer vasvang vir Ek Wou Nog.
      “Dit was nie eers deel van die beplanning nie” se Esté. “Dit was absoluut ‘n regte tyd, regte plek, regte atmosfeer scenario. Ons het die video binne drie ure klaar verfilm en ons het almal geweet dat iets spesiaal sopas gebeur het.”
      Lourens en Esteé het steeds kontak met tannie Ansie.

    • @hermanbotha1444
      @hermanbotha1444 Před 3 lety

      Bottomless Coffee Band
      Baie baie dankie vir die mooi volledige verduideliking. Wat 'n hartseer mooi storie. Emosionele pyn is baie swaar en wie van ons het dit nie die laaste 18 maande ervaar nie?
      Dankie vir julle musiek. Ek luister amper alle gendres. Ek is 73 en seker soort van een van die "ou" Afrikaners. Julle musiek maak my jonger en raak soms aan my hart. Ek het heel eerste viva la vida/pie jesu geluister toe ek julle "ontdek" het. Dit bly vir my besonders
      Ek hou van julle werk!
      Baie dankie!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 3 lety

      @@hermanbotha1444 WOW, Baie dankie Herman - Hierdie is vir ons van ontsaglike waarde! Ons waardeer dit!