RAAF - Ek Speel Met Vuur Vir Jou (amptelike visualiser)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 16. 10. 2023
  • Ek speel met vuur vir jou visueel. Daar gebeur eintlik niks in hierdie video nie, maar daar gebeur ook eintlik alles wat regtig nodig is...
    Ek speel met vuur vir jou se fondasie en inspirasie was die Ukulele Song op die Anthelia album wat ons destyds onder Bottomless Coffee Band vrygestel het. Ons het dit drie keer weer herwerk met daardie inspirasie en uiteindelik hierdie geskryf. Dit gaan oor die oomblik as jy weet iets voel reg om met alles in jou na te streef en jy met vuur sal speel om dit te kry...
    Ek speel met vuur vir jou:
    Geskryf en vervaardig deur Lourens en Esté Raaf
    Vervaardigers: Lourens Raaf & Fred den Hartog
    Musiek opgeneem by The Nothing Club
    Recording & mixing engineer: Fred den Hartog
    Mastering Engineer: Ewald Jansen Van Rensburg, PopKult
    Video opgeneem en geredigeer deur Ruben Oosthuizen
    Luister al RAAF se nuwe musiek: linktr.ee/raaf_music
    Volg RAAF op die sosiale kanale:
    Insta: / raaf_musiek
    FB: / raafbottomle. .
    Lirieke:
    Ek woon in die Kaap by die wind
    Ek het hiervan gedroom as 'n kind
    Ek het jou op daai stoep sien staan
    ‘n Sigaret en die sekelmaan
    Ek luister ook Kerkorrel, jy’s verras
    Jy’t hier aangekom met net jou hond en ‘n tas
    Jy’s vry, jy praat jou eie taal
    Hoe kan jy so in my kop ronddwaal
    Ek sien vriende om ons tafel
    Boeke op ons rak, en my kop op jou bors
    Maar my droom is soos mis,
    My droom is soos wolke, dit verdwyn
    Ek wil vir jou briewe skryf
    en jou dag voel aan my lyf
    Ek wil jou roekeloos lief kan hê
    Ek wil dit hardop sê
    Ek hoop ek sal myself kan wees
    as my hart navigeer tussen moed en vrees
    Ek wens ek kan ons lot verraai
    dat tyd jou arm draai
    Ek sien hoe ek val
    Ek speel met vuur vir jou
    Wat lees jy op my lippe
    Wat sien jy op my oe
    Eks versigtig wat ek sê en ek vertrou nie wat ek glo
    Ek het jou op my skoot sien lê
    Met soveel goed wat ek nog wil hê
    Ek sien liggies in ons tuin, kerse in ons huis
    En my kop op jou skouer, ons word ouer
    Maar my droom is soos rook
    Soos vlamme, dit verdwyn
  • Hudba

Komentáře • 14

  • @KobusVenter1990
    @KobusVenter1990 Před 8 měsíci

    Hierdie is die mooiste song! Tussendeur al die geraas bring julle gee weer hoop vir Afrikaanse musiek. Dankie! Sien julle weer by Die Boer!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Dankie Kobus! Ons waardeer!

  • @ChristelleKrugerLoves
    @ChristelleKrugerLoves Před 8 měsíci

    Wow julle, sóóó mooi! Dit voel asof ons saam met julle wyn drink in julle sitkamer...

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Dit is presies wat dit is 🍷🥂

  • @Jonathan2-rk2ql
    @Jonathan2-rk2ql Před 8 měsíci

    JAAAAAAAA! Hierdie is my song! Meer asb!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Awesome! Ons bring binnekort meer uit! Volg gerus die journey op RAAF se socials ;)

  • @chrismouton1985
    @chrismouton1985 Před 8 měsíci

    Love dit! Este, jou stem is wonderlik!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Dankie Chris 🙏

  • @cobusvanzylphotography3979
    @cobusvanzylphotography3979 Před 8 měsíci

    Magies... dit praat nou met mens se hart! Maar dit het julle nog altyd gedoen! 😉Welgedaan! 🙂😎

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Thanks Cobus! Ons waardeer!

  • @alishaduplessis
    @alishaduplessis Před 8 měsíci

    die’s virseker hoe dit moet voel wanneer woorde vlug kry. Raaf, julle’s so raar - soos wat julle kuns mooi is.🤍

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Wow, Alisha - Hierdie is die mooiste woorde! DANKIE!

  • @johangroenewald3080
    @johangroenewald3080 Před 8 měsíci

    Baie mooi Raaf. Julle mag maar.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Dankie Johan! Ons waardeer ;)