RAAF - Mars se Oseaan (amptelike visualiser)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 14. 11. 2023
  • RAAF met Mars se Oseaan in video
    Mars se Oseaan gaan daaroor dat ons almal soms droom om oor te begin op 'n ander planeet. Dit pak die komplekse onderwerp van depressie en angs in ons hoë-spoed wêreld aan. Die donker wolf waarmee baie mense in ons samelewing moet saamleef…
    Maar Mars se Oseaan gee hoop in dit alles, want wat as ons mekaar kon kom red en wegneem na ‘n plek waar alles ligter weeg. Waar ons aardse swaartekrag halveer word. Ons verbeel ons ons bou ‘n hout seehuisie langs Mars se oseaan, waar ons saam met vriende ‘n ligter lewe kan vier en waarlik kan leef...
    Liefde, Lourens en Esté RAAF
    Mars se Oseaan:
    Geskryf en vervaardig deur Lourens en Esté Raaf
    Vervaardigers: Lourens Raaf & Ben Ludik
    Musiek opgeneem by Abbey Road Institute, Johannesburg
    Recording & mixing engineer: Ben Ludik
    Mastering Engineer: Ewald Jansen Van Rensburg, PopKult
    Video opgeneem en geredigeer deur Ruben Oosthuizen
    Ondersteuning en hulp: Christine Swart, Magé Troskie
    Luister al RAAF se nuwe musiek: linktr.ee/raaf_music
    Volg RAAF op die sosiale kanale:
    Insta: / raaf_musiek
    FB: / raafbottomlesscoffeeband
    TikTok: / raaf_musiek
    Lirieke:
    Dis vyf minute
    Voor jou wekker af sou gaan
    Iets krap teen die mure
    Die binnekant
    'n Koppie koffie om die donker weg te sluk
    Dis bittersoet, dis bittersoet
    Dis bitter
    Stil
    Bring net jou klere daar's plek in my kar
    Ons bou 'n hout seehuisie langs Mars se oseaan
    Jou ou kitare en daai fotos teen die muur
    In die ruimte waar jy wegkruip
    As die wêreld te kleurblind raak
    Jou fancy meubels vergader net stof
    En jy't daai uurglas oopgebreek
    Oop soos jou son
    Bring net jou klere daar's plek in my kar
    Ons hou 'n groot partytjie langs Mars se oseaan
    Sterre en ligte en mense wat lag
    Ons bou 'n nuwe lewe langs Mars se oseaan
    Tien
    Nege
    Agt
    Sewe
    Ses
    Vyf
    Vier
    Drie
    Twee
    Een
    Bring net jou klere daar's plek in my kar
    Ons hou 'n groot partytjie langs Mars se oseaan
    Sterre en ligte en mense wat lag
    Ons bou 'n nuwe lewe langs Mars se oseaan
    Langs Mars se oseaan
    (Mars se oseaan)
    (Langs Mars se oseaan)
    (Mars se oseaan)
    (Langs Mars se oseaan)
    Dis vyf minute
    Voor jou wekker af sou gaan
    Dis bittersoet, dis bittersoet
    Dis bitter
    Stil
  • Hudba

Komentáře • 8

  • @annanell4151
    @annanell4151 Před 8 měsíci +1

    Pragtig ❤

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      🤟❤

  • @ianseunvan8028
    @ianseunvan8028 Před 8 měsíci

    Ek is nr4! Lekker Esti en Lourens! Legendes

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      LEKKERRRR! Thanks Ian!

  • @Jonathan2-rk2ql
    @Jonathan2-rk2ql Před 8 měsíci +1

    WOW! Hierdie is ’n incredible song. Die visuals trek my in.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Thanks Jonathan! Luister hom kliphard!

  • @KobusVenter1990
    @KobusVenter1990 Před 8 měsíci +1

    FANTASTIES!!!! Ons stream hom al heel naweek! Ek sien uit om hierdie een live te hoor! 'n Diep song op 'n Rock & Roll beat!
    Raaf, julle twee is absoluut finominaal!!! Die beste Suid Afrikaanse band volgens my. Dankie vir die musiek!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 8 měsíci

      Wow, baie dankie Kobus - Ons waardeer dit!