RAAF - Vrygelatenes (amptelike musiekvideo)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 22. 08. 2024
  • RAAF met Vrygelatenes in video
    Hierdie is vir die vrydenker, die kantlynkind, die revolusie beginner, die dromer...
    Ons het Vrygelatenes geskryf na 'n aand waar ons vasgehak het saam met 'n klomp vriende om 'n vuur. Dit was middernag na 'n fees en die bittereinders het agtergebly met 'n kitaar en hulle drome en gesprekke. Die kring het gegroei en in die rondte het mense gesing en gesels oor alles behalwe die alledaagse, uit 'n nuwe perspektief, met insig en optimisme en liefde en vooruitgang...oor hoe om die wêreld mooier te maak en mekaar se lewens makliker te maak...
    Ons het die son sien opkom en 'n woord gesoek vir wat ons ervaar het - VRYGELATENES, ons is die Vrygelatenes!
    Ons droom van so 'n wêreld - vol dromers en kantlynkinders wat revolusies begin vir die goeie
    Liefde, Lourens en Esté RAAF
    Vrygelatenes:
    Geskryf en vervaardig deur Lourens en Esté Raaf
    Vervaardigers: Lourens Raaf & Fred den Hartog
    Musiek opgeneem by The Nothing Club
    Recording & mixing engineer: Fred den Hartog
    Mastering Engineer: Ewald Jansen Van Rensburg, PopKult
    Video opgeneem en geredigeer deur Schalk Hanekom
    Ondersteunende videograaf: Ruben Oosthuizen
    Luister al RAAF se nuwe musiek: linktr.ee/raaf...
    Volg RAAF op die sosiale kanale:
    Insta: / raaf_musiek
    FB: / raafbottomle. .
    Lirieke:
    Uit met die oud, in met die nuwe
    Bring 'n vars vers, herskryf die argiewe
    Ons is hier soos sterre op 'n donkermaan
    Die verligtes sing die antwoorde die nag in
    Weet jy hoe dit voel om werklik vry te wees
    Die klou aan die bekende hou jou terug van wat kan wees
    Jy moet laat gaan
    Jy slaap in die vuur
    Word wakker en stop
    En maak die sirkel groter
    Die vrygelatenes is oogklaploos
    Vrygelatenes se hand is uit vir die volgers en die voos
    Gryp 'n fakkel by die kantlynkinders
    Dromers lig die vlam, revolusie beginners
    Daar was kerse en mense
    Geselse sonder grense
    Breek die wêreld lense
    Jy en al jou wense
    Ons is die vrygelatenes…
    Vrygelatenes
    Bring dit terug
    Spring weg met die 1 - 2 - 1 - 2
    Drie vier vanaand saam
    Ons spoeg drome na die wolke
    Stuur dit weg in lugbalonne
    Skyn heilig met 'n reënboog kleur
    Jy kan nie meer so leef nie, maar ek kan ook nie verander nie
    Fokus op die vryhyeid wat almal so begeer
    Die lewe, die liefde, die waarheid, jou vrede
    Vrygelatenes is skaamteloos
    Vrygelatenes se hand is uit, ons is geraamteloos
    Gryp 'n fakkel by die kantlynkinders
    Dromers lig die vlam, revolusie beginner
    Gooi jou geld in die vuur
    Verf jou drome teen die muur
    Jy wag te lank al hier
    Hou op jou siel verhuur
    Ons is die Vrygelatenes…
    Ons is die Vrygelatenes
    Kom saam na waar die tyd stilstaan
    Vanaand gaan die tyd stilstaan
    Ons is hier waar die tyd stilstaan (revolusie beginner)
    Kom saam na waar die tyd stilstaan
    Vanaand gaan die tyd stilstaan
    Ons is hier waar die tyd stilstaan
    (Hou op jou mure hoër bou en maak jou tafel langer)
    Daar was kerse en mense
    Geselse sonder grense
    Breek die wêreld lense
    Jy en al jou wense
    Ons is die vrygelatenes…
    Vrygelatenes

Komentáře • 23

  • @tiaandupreez
    @tiaandupreez Před rokem +2

    Ons is nou die Vrygelatenes, want ons het hierna gekyk en geluister.
    ✌️❤️💥🇿🇦😎

  • @GertConradie
    @GertConradie Před 8 měsíci

    Bitter bitter mooi lirieke. Sit en luister hier in die verte, diep dankbaar.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 6 měsíci

      Dankie Gert! Ons waardeer!

  • @ruanpieters4873
    @ruanpieters4873 Před 8 měsíci

    Julle musiek bring 'n bietjie hemel hier op aarde. Julle is die beste ding wat met Afrikaanse musiek gebeur het.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 6 měsíci

      WOW! Dankie Ruan! Flip, ons waardeer dit!

  • @ReineViper
    @ReineViper Před 7 měsíci

    Julle die afgelope desember gehoor vir die eerste keer, awesome ❤🎉

    • @RAAF
      @RAAF  Před 6 měsíci

      Awesome! Baie dankie!

  • @anjezcolyn9832
    @anjezcolyn9832 Před rokem +1

    Oooo die mooie ou Kaapland!! Dis stunning julle!!! 💖

  • @ChristelleKrugerLoves
    @ChristelleKrugerLoves Před rokem +1

    Ons was by julle show in Stellenbosch gewees. Dit was sover die heel beste show van my lewe! Waar kom al julle energie vandaan? Wow! Hierdie song was so goed om live te ervaar!!! LOVE!

    • @RAAF
      @RAAF  Před rokem

      WOW - dit is 'n reuse kompliment! Ons waardeer!

  • @user-cp5ic2nz3u
    @user-cp5ic2nz3u Před 11 měsíci +1

    Whaaat the feukkkk!!!!my bra ..my sista!!!nee heng...ekt n nuwe fav song en vid!!!julle rockkkk....so cool song!!! absolutely love it!!!more!!! more!!!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 11 měsíci

      HAHA! Thanks man - Ons waardeer!

  • @user-vd1el5sx7o
    @user-vd1el5sx7o Před 7 měsíci

    Watched show in George - wow amazing even better than Westlife live in PTA.

    • @RAAF
      @RAAF  Před 6 měsíci

      WOW! Thanks ;)

  • @corneviljoen6858
    @corneviljoen6858 Před rokem +1

    Baie nice!!!!!!!

  • @Jonathan2-rk2ql
    @Jonathan2-rk2ql Před 11 měsíci

    WHAAAAAAT! This song is AMAZING! You guys keep taking it to the next level!! LOVE THIS!

    • @RAAF
      @RAAF  Před 11 měsíci

      Thanks bro!

  • @sharltenduplessis5344

    RAAF (Bottomless coffee) ek like dié, well done!

  • @KobusVenter1990
    @KobusVenter1990 Před rokem

    Hierdie is ons vriendekring se party-song. RAAF is alles!

    • @RAAF
      @RAAF  Před rokem

      Haha... Awesome! Hy klink heel beste kliphard ;) Julle is die VRYGELATENES!

  • @ThomasRoosFilms
    @ThomasRoosFilms Před rokem +1

    🔥

  • @ForFun430
    @ForFun430 Před rokem

    Waar kom julle vandaan en hoekom hoor 'n mens so min van julle? Like hierdie liedjie oor 'n miljoen! Sterkte voorentoe!

    • @RAAF
      @RAAF  Před rokem +1

      Dankie! Waar hoor 'n mens deesdae van enigeiets? Meeste media daarbuite promoveer nie juis die onafhanklike musiek nie, dit is nogals hartseer. Volg ons gerus hier op CZcams en Insta om lekker baie van ons te hoor ;) Welkom op die RAAFtuig!