Prontuit: Karretjiemense - Segment 1, 25 September 2017

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 25. 09. 2017
  • Ons het gister Erfenisdag gevier. Die Prontuit-span het een van die vele unieke groeperinge in Suid-Afrika besoek - die Karretjiemense van die Groot Karoo. Dié nomadiese groep mense se voortbestaan word erg bedreig en slegs enkele van hulle leef nog soos hulle voorgeslagte wat met donkiekarretjies van plaas na plaas getrek het om skaap te skeer en draad te werk. Die groep mense het die dramaturg, Athol Fugard so geïnspireer dat hy, saam met Riana Steyn, sy eerste, en tot dusver enigste Afrikaanse drama, gekryf het. Die Laaste Karretjiegraf, gaan oor die Karretjiemense en het in 2013 gedebuteer. Dis ook deesdae ‘n voorgeskrewe werk vir graad 11-leerlinge. Maar eers gesels ons met die antropoloog, professor Mike de Jongh, wat sonder twyfel die voorste navorser oor die Karretjiemense is. Hy het in 1991 begin met navorsing oor hulle en is steeds daarmee besig.
    Wees deel van kykNET se CZcams kanaal vir soveel meer kykgenot.
    Volg kykNET op Twitter: / kyknettv
    Like kykNET op Facebook: / kyknet
    Besoek kyknet.dstv.com
    kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!
    Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!
  • Zábava

Komentáře • 3