Vuur is nie altyd lekker nie - Andries Enslin, 29 Julie 2018

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 28. 07. 2018
  • VUUR IS NIE ALTYD LEKKER NIE
    WINTERRITME REEKS
    Gee om vir mense wie se geloof nog swak is. Help hulle sodat hulle geloof sterker kan word, al verdien hulle dit nie. Diegene wat op sleeptou geneem word deur hierdie mense se doen en late moet julle uit die vuur ruk voordat dit te laat is. En aan ander mense wat verkeerd doen, moet julle die nodige liefde bewys. Doen dit versigtig, maar hou aan, ook al verdien hulle dit nie. Julle moet egter niks te doen hê met al die verskriklike dinge wat hulle aanvang nie. Judas 1:22-23 (DB)
    HOEKOM DOEN ONS DIT NIE? - BANG VIR MISLUKKING!
    Die skare wat na Petrus gestaan en luister het, is diep deur sy woorde geraak. “Sê asseblief vir ons wat ons nou moet doen. Hoe kan ons die saak tussen ons en God regmaak?” het hulle vir die apostels gevra. “Laat staan dadelik julle sondes. Kom terug na God toe,” het Petrus geantwoord. “Laat julle ook doop in die Naam van Jesus Christus. God sal julle sondes dan vergewe. Julle sal ook die Heilige Gees ontvang. Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle. En ook vir julle kinders. Ja, selfs vir al die ander mense wat op die oomblik nog ver van God af lewe. Binnekort sal hulle ook van Hom hoor en deur God nader geroep word.” Petrus het toe nog ’n hele ruk met die skare gepraat. “Gee pad uit hierdie sondige wêreld uit,” het hy vir hulle gesê. “Dit gaan julle lewe totaal verwoes. Kom na God toe. Laat Hy julle uit die kloue van die sonde verlos. Net Hy kan dit doen.” Na Petrus se woorde het ’n groot aantal mense, omtrent 3 000, tot bekering gekom. Daarna is hulle gedoop. Handelinge 2:37-41 (DB)
    PETRUS HET NIE SO BEGIN NIE
    1. Weet nie wat om te sê nie - Lukas 9:33
    2. Haal God verkeerd aan - Matteus 16:22
    3. Petrus begin sink - Matteus 14:25
    4. Arrogant - verkeerd - Johannes 13
    5. Belowe dinge wat hy nie kan hou nie - Lukas 22:31
    6. Kan nie bid nie - Matteus 26:40
    7. Geweld in krisis - Lukas 22:50
    8. Hy was ‘n kaalnaeler - Markus 14:51
    9. Kan nie eers voor ‘n diensmeisie praat nie - Markus 14:66
    VERTROU OP DIE KRAG VAN GOD - NIE JOU EIE
    Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo - heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Romeine 1:16 (NLV)
    WAT VAN JOU LIEFDE VIR JESUS EN MENSE, LAAT JOU VOLHARD?

Komentáře •