WAT SAL JY DOEN OM BY JOU KINDERS TE WEES? - Andries Enslin, 25 Desember 2018

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 25. 12. 2018
  • WAT SAL JY DOEN OM BY JOU KINDERS TE WEES?
    WAT SAL JY DOEN?
    Sal jy agter jou kinders aan trek?
    Sal jy agter jou kinders aan immigreer?
    Sal jy agter jou kinders aan uit ‘n vliegtuig spring?
    Jesus staan in status op gelyke voet met God. Hy was egter nie so vol van Homself dat Hy tot elke prys aan dié status wou vasklou nie. Toe die tyd ryp was, het Hy die status en eer wat Hy gehad het eenkant toe geskuif. Hy het ’n mens tussen mense geword. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy sommer ’n gewone mens geword wat op die oog af nie uitsonderlik gelyk het nie, ja, iemand van wie baie ander mense niks gedink het nie. As mens onder mense het Hy die pad van vernedering nog verder geloop. Dit sou Hom uiteindelik by die dood aan die kruis uitbring. Wat ’n vernedering! God het dit egter van Hom gevra en Hy het die pad van vernedering gehoorsaam enduit geloop. Maar God het Hom uit die diepte van vernedering gehaal en Hom die hoogste eer gegee wat God iemand kan gee. Nou is niks en niemand belangriker as Hy nie en niks en niemand kan ook belangriker as Hy wees nie. God self het so besluit. Net mooi almal sal voor die grote Christus moet buig, maak nie saak wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie. Selfs dié wat lankal dood is, sal voor Jesus moet buig. Hulle almal sal met oortuiging vir mekaar sê: “Jesus Christus is die Here.” So sal almal ook besef hoe groot en belangrik God die Vader is. Filippense 2:6-11 (DB)
    HOEKOM HET JESUS DIT GEDOEN?
    Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het - en dit sonder enige verdienste van ons kant. Romeine 3:23-24 (NLV)
    Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here! Romeine 6:23 (NLV)
    HARDLOOP NA MENSE TOE WAT VAL
    1 Johannes 5:16 (NAV) As iemand sy broer sonde sien doen ...
    DEUR DIE HELE OU TESTAMENT PROBEER GOD NABY KOM
    RECKLESS LOVE OF GOD
    WAT IS JOU REAKSIE HIEROP?
    Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. 2 Korintiërs 5:14-15 (NAV)

Komentáře •