Hoekom Nie? Andries Enslin, 3 Junie 2018

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 2. 06. 2018
  • DATUM:3 JUNIE 2018
    PREDIKER:ANDRIES
    REEKS:HET ONS DIE KRAG VAN DIE OPGESTANE JESUS?
    TEMA: HOEKOM NIE?
    TEKS:JOHANNES 7:37-39 (NLV)
    _______________________________________________________________________________________
    DOOP VAN LIEFDE
    2 Timoteus 1:7 (NLV) Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.
    BAIE VERKEERDE DENKE OOR DIE HEILIGE GEES
    Eenmalige gebeurtenis:
    Handelinge 4:31 (NLV) Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.
    Een druppel is genoeg:
    Johannes 7:37-39 (NLV) Op die laaste dag, die groot dag van die Huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As jy dors is, kom dan na My toe en drink. Die een wat in My glo - soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’” Dit het Jesus gesê oor die Gees wat die mense wat in Hom glo, sou ontvang. Want die Gees was nog nie daar nie omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
    Efesiërs 5:18-19 (NLV) Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here.
    HOE WORD JY, OF BLY JY VERVULD?
    Glo:
    Jakobus 4:5 (OAV) Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
    Handelinge 2:17-18 (NLV) ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens. Julle seuns en dogters sal die woord van God verkondig; julle jongmense sal gesigte sien, en julle oumense sal drome droom. Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig.’
    Vra:
    Lukas 11:11-13 (NLV) “Julle vaders - as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.”
    Volharding:
    2 Konings 2:1-2 (NLV) Die tyd het aangebreek dat die Here vir Elia in ’n stormwind na die hemel toe sou opneem. Elia en Elisa was op pad van Gilgal af. Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na Bet-El toe.” Maar Elisa antwoord hom: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie!” Hulle het toe saam na Bet-El toe gegaan.

Komentáře •