NOGTANS SAL EK SING - Andries Enslin, 7 Oktober 2018

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 6. 10. 2018
  • NOGTANS SAL EK SING
    HOOP IN DONKER TYE REEKS
    SJIGIONÕT
    ’n GEBED van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonōt. Habakuk 3:1 (OAV)
    A prayer of Habakkuk the prophet, set to Shigionoth. Habakkuk 3:1 (ASV)
    (The musical heading suggests that this chapter should be sung: Wild and enthusiastic music.)
    DOEN DIT WEER
    Hierdie is ’n gebed van Habakuk. ’n Lied. O Here, ek het gehoor wat van U vertel word. Ek is in verwondering oor alles wat U gedoen het. Doen in ons tyd ook hierdie dinge wat U in die verlede gedoen het. Moenie vergeet om genadig te wees nie al is U baie kwaad. Habakuk 3:1-2 (NLV)
    Die Here was al in die verlede by Israel betrokke toe hulle nog deur die woestyn getrek het. Kyk ’n mens na die hemel en die aarde, dan sien jy iets van die groot en heerlike teenwoordigheid van die Here. As ons sy teenwoordigheid sou kon beskryf, sou dit soos helder lig wees wat uitgestraal word en soos weerlig wat blits. Iewers agter die ligglans is sy groot krag weggesteek. Die teenwoordigheid van die Here veroorsaak vir sommige mense die dood. As Hy kom, is dit soos ’n aardbewing wat ’n mens beangs maak. Oeroue berge en heuwels bars uitmekaar en verkrummel van die geskud, niks word onaangeraak gelaat nie. Ek kon die uitwerking van die Here se teenwoordigheid ook op van die ander volke sien. Hulle het in angs aan die bewe gegaan. Habakuk 3:3-7 (DB)
    PROFESIE VAN VERLOSSING
    Toe die soldate van die vyand op die volk van die Here afgestorm het om hulle uitmekaar te jaag, het die Here die bevelvoerder deur sy eie wapen laat sterf. Hulle het gedink Israel is ’n maklike prooi. Maar Hy sal sy volk verlos. Die Here tref die see met sy perde sodat die magtige waters opbruis, net soos destyds by die Rietsee met die uittog uit Egipte. Toe het Hy sy volk gered. Toe ek hierdie dinge gehoor het, het ek aan die ruk gegaan en my lippe het gebewe omdat ek bang was. ’n Lam gevoel het oor my gekom en my bene het onder my padgegee. Ek het besluit dat ek rustig en stil sal wag vir die dag wanneer die Here se straf gaan kom oor die Babiloniërs wat Juda ingeval het. Habakuk 3:14-16 (DB)
    NOGTANS SAL EK SING
    My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red. Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te kan hanteer. (’n Nota vir die afrigter van die koor: Snaarinstrumente moet saam met die gebed gespeel word). Habakuk 3:17-19 (DB)
    Die oppermagtige Here is my krag! Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Habakuk 3:19 (NLV)

Komentáře •