STAAN. LUISTER. SKRYF. WAG - Andries Enslin, 30 September 2018

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 30. 09. 2018
  • STAAN. HOOR. SKRYF. WAG
    HOOP IN DONKER TYE REEKS
    JY MOET IEWERS STAAN OM TE HOOR
    Ek gaan in my uitkyktoring staan, my plek inneem op my wagpos in die muur. Ek wag om te sien wat die Here vir my gaan sê, wat sy antwoord op my klagte sal wees. Habakuk 2:1 (NLV)
    SKRYF NEER WAT JY HOOR
    Toe het die Here geantwoord: “Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verbyhardloop dit kan lees.” Habakuk 2:2 (NLV)
    WAG IN GELOOF - GOD SE TYD SAL AANBREEK
    “Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie. ‘Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen, sal deur hulle geloof lewe. Voorspoed verlei mense, …’” Habakuk 2:3-5a (NLV)
    GOD SE DOEL IS INTIEME KENNIS VAN HOM
    “Die tyd sal aanbreek dat die hele aarde vol sal word met die kennis van die Here se magtige teenwoordigheid net soos water die see oordek.” Habakuk 2:14 (NLV)
    HABAKUK BLY GLO IN GOD SE KARAKTER
    “Die Here is in sy heilige tempel; laat almal op aarde stil wees in sy teenwoordigheid!” Habakuk 2:20 (NLV)
    “Maar die Here is in sy heilige tempel - swyg voor Hom, o ganse aarde!” Habakuk 2:20 (OAV)

Komentáře •