Nuwe Lof, Retief Burger | Aanhou Sing (Akoestiese Weergawe)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 13. 03. 2024
  • © 2024 Nuelight Publishing
    Geskryf deur: Retief Burger
    Vervaardig deur: Werner Kahts
    Opgeneem by: Good Morning Sweet Songbird
    CCLI: 7233745
    Lirieke:
    Vers 1:
    Ek sal U lof verkondig, ek sal my lied bly bring
    Waar ander dalk mag stilbly, gee dat ek nog sing
    Met elke halleluja, met elke jubelnoot
    Groei die lofgesange, van die eeue-oue koor
    Voor Koor:
    Ek sal U loof met als wat in my is
    Koor:
    Ek sal nie stilbly, ek sal nie swyg
    Alles in my wese moet U prys
    Heer, groot in liefde, Heer, groot in krag
    Aan U behoort die heerlikheid en mag
    Met my laaste asem, met my hoogste lof
    Sal ek aanhou sing oor my God
    Vers 2:
    Oor al U reddingsdade, genade wat oorwin
    Moet my hart nog uitroep, moet my lewe sing
    Ek prys U in die goeie, ek prys U in die pyn
    Deur alles bly U waardig, om al die eer te kry
    Voor Koor:
    Bridge:
    Sing, alles wat asem het sing!
    Sing, alles wat asem het sing!
    Koor:
    Ek sal nie stilbly, ek sal nie swyg
    Alles in my wese moet U prys
    Heer, groot in liefde, Heer, groot in krag
    Aan U behoort die heerlikheid en mag
    Met my laaste asem, met my hoogste lof
    Sal ek aanhou sing oor my God
    #nuwelof #afrikaans #aanbidding #lofprys

Komentáře •