Kwadrupleeg is dankbaar vir ongeluk wat haar terug na God draai

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 29. 04. 2024
  • “Ek is dankbaar vir die ongeluk, dit het my weer teruggebring na die Kruis,” vertel Monique Josephs van Kuilsrivier. Monique is ’n kwadrupleeg sedert sy in 2018 in ’n motorongeluk was. Sy het gelê en slaap in ’n stilstaande motor toe ’n taxi met ’n hewige spoed in haar vasgery het. Net voor die noodoperasie om haar gebreekte nek te heg, het sy tot God gebid. Toe sy dit oorleef het, het sy besef sy is gespaar vir ’n rede: “Om ’n getuienis te wees in my pyn en swaarkry.”
    Vervaardig deur Pop24 in vennootskap met Bybel-media. Stuur 'n e-pos na getuig@lig.co.za en deel ook jou getuienis met ons.

Komentáře • 8