IN GETSÉMANÉ - Past Ernest Potgieter. 04/08/2024

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 10. 09. 2024
  • IN GETSÉMANÉ
    1) Wees reg om alleen te wees
    En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
    Matt 26:40
    In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!
    2 Tim 4:16
    Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
    Luk 5:16
    2) los nie plek vir die vlees nie
    Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
    Matt 26:41
    Maar Jesus sê vir hom: Vriend, waarvoor is jy hier? Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom.
    Matt 26:50
    Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.
    Matt 26:33
    En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
    Matt 26:75
    3) DIE OORWINNING IS IN DIE OORGEE
    En Hy het ’n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
    Matt 26:39
    Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
    Gal 2:20
    Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
    Ps 23:4

Komentáře •