Daantjie Dood - Hannes Schoeman

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 16. 01. 2023
  • 'n Vergete juweel van Oom Japie Laubscher saam met sy Ysterplaat Kêrels uit die laat 1950's... die oorspronklike Rand-plaat is so skaars en byna onbekend, dit word nie eens aangegee in meeste van sy diskografieë nie! Op die keersy is die snit "Wees My Maat".
    Een van ons heel grootste hedendaagse konsertinameesters, Hannes Schoeman, het op my versoek en "skimp" uitdaging die snit na aanhoor binne twee dae leer speel en opgeneem! Omdat dit 'n totaal onbekende snit van Oom Japie is, en mens nie graag wil hê dat dit verlore moet gaan nie, het ek besluit om Hannes te nader vir die opname. En die "gentleman" wat hy is het hy dadelik ingestem om dit vir ons te verewig! GROOT dankie Hannes, jy is 'n absolute meester, en Oom Japie sou baie trots hierop gewees het! Geniet die "nuwe" juweel van Hannes!

Komentáře • 20

  • @gerhardbezuidenhout1873
    @gerhardbezuidenhout1873 Před měsícem +1

    Mooi Hannes, jy is die beste.

  • @user-mx7tm7oh6w
    @user-mx7tm7oh6w Před 2 měsíci +2

    Beste om gewig te verloor.Gaan dans net elke naweek op sulke mooi boere musiek.Mooi Schoeman jy mag maar my boetie.😅😅

  • @rykvanjaarsveld5346
    @rykvanjaarsveld5346 Před 6 měsíci +2

    Tans ons nommer een konsertina kunstenaar! So mooi Hannes.

  • @dirktreurnicht210
    @dirktreurnicht210 Před 7 měsíci +3

    Uitstekend niks mooier kan jy kry nie.🎉🎉🎉🎉

  • @wikusaugustyn3872
    @wikusaugustyn3872 Před 8 měsíci +3

    Ons Boere het dit bàie nodig! Pragtig ❤

  • @user-rs1zz6lc4f
    @user-rs1zz6lc4f Před 7 měsíci +2

    Lekker opgeruimd so mooi gespeel

  • @hannahunderhay8642
    @hannahunderhay8642 Před 8 měsíci +3

    Ai ... dis pragtig. Mens se litte wil los raak. Baie mooi liedtjie en baie mooi gespeel. Dankie vir deel.❤

  • @mariusbritz2640
    @mariusbritz2640 Před 8 měsíci +1

    Baie mooi oom Hannes👍🙏

  • @HermanusVorster-no8kt
    @HermanusVorster-no8kt Před 9 měsíci +1

    Baie Hannes, dankie

  • @panashemuvheyi-pe2xx
    @panashemuvheyi-pe2xx Před 11 měsíci +2

    Uit staande voor slag dit wil gedoen wees

  • @SolamonBrits-jk2xf
    @SolamonBrits-jk2xf Před 10 měsíci +1

    Skoffel tyd roer hom boetie❤
    Balke toe

  • @cyrilswart9922
    @cyrilswart9922 Před 8 měsíci +1

    Mooi so Hani

  • @elizeferreira9457
    @elizeferreira9457 Před 10 měsíci +2

    Móre Marius Baie Dankie vir uploads ons kan nie genoeg hiervan Kry * Geniet al die Ou Musiek ter deë ** Groete Elize

  • @noelolivier8512
    @noelolivier8512 Před 7 měsíci +1

    Lekker Dan's music

  • @georgeadams1955
    @georgeadams1955 Před 5 měsíci +1

    Pragtig! Is die oorspronklike opname van oom Japie nog beskikbaar?

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  Před 4 měsíci +1

      Hi George, ek sal hom binnekort op my kanaal plaas! Musiekgroete

    • @georgeadams1955
      @georgeadams1955 Před 4 měsíci +2

      Baie dankie Marius.

    • @nichosteyn2255
      @nichosteyn2255 Před měsícem +1

      Ek wag ook In spanning daarvoor groete nicho ❤

    • @georgeadams1955
      @georgeadams1955 Před měsícem

      ​@@nichosteyn2255dit is al geruime tyd gelede opgelaai, beide die opnames is puik. Groete