Die Rebellie van 1914

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 27. 07. 2024
  • Beknopte oorsig van gebeure tydens die Rebellie van 1914 in Suid Afrika. Weerstand onder Boere Afrikaners teen deelname aan die Eerste Wêreld Oorlog aan die kant van hul vyand van slegs twaalf jaar vantevore, naamlik Brittanje, en dit teen 'n goedgesinde staat, was algemeen. Die verradderlike verbreking deur Jan Smuts en Louis Botha van 'n geswore belofte tydens Vredesluiting by Vereeniging op 31 Mei 1902 dat die volk se vryheid by die eerste geleentheid herwin sou word, was die direkte oorsaak van die Rebellie. "Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie. Wanneer ons die moord van Slagtersnek nagaan... en wanneer ek dink aan die 30 000 vroue en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie." - Kommandant Jopie Fourie. Fourie is in die omgewing van Rustenburg gevange geneem op 16 Desember 1914, het voor ’n krygshof verskyn en is op 20 Desember tereggestel. Hy is die enigste deelnemer aan die Rebellie wat op hierdie wyse die hoogste prys betaal het. Volgens die Volkstem van 21 Desember 1914 het Generaal Smuts geweier om verskeie petisies vir begenadiging te ontvang voor eers ná die teregstelling. Fourie se teregstelling volg kort op die tragiese dood van genl. De la Rey op 15 September 1914 en die verdrinking van genl. Beyers in die Vaalrivier op 8 Desember 1914. Verder het 'n kommando van seshonderd man onder bevel van generaal Kemp Duits Suidwes-Afrika bereik ten spyte van hewige agtervolging deur 'n oormag regeringstroepe onder bevel van Louis Botha, voormalige Boeregeneraal onder aanstigting van Jan Smuts. Hulle sluit deur bemiddeling van generaal Manie Maritz 'n Nie-Aanvalsverdrag met Duitsland namens Republikeinsgesinde Boere Afrikaners.

Komentáře • 19

  • @raymondcluff5707
    @raymondcluff5707 Před 4 lety +6

    Baie dankie vir die moi stukkie geskiedenis. Tog is daar dié onder ons eie taal en vel wat STEEDS sal rugdraai en uitlewer, maar die stukkie geskiedenis vertel mens net weereens dat daar leiers gebore word, opstaan en wat sal veg tot die dood vir beginsels en wat reg is. Mens kan maar net hoop en bid in die tye dat hulle sal ter voorskyn kom.

  • @janneskruger001
    @janneskruger001 Před 3 lety +2

    Pragtige beeldmateriaal. Dankie Gerald.

  • @mastre8886
    @mastre8886 Před 5 lety +8

    ons broers in Duitsland moet ook onthou

    • @mjhyt1255
      @mjhyt1255 Před rokem +2

      Es gibt noch Deutsche, die sich daran erinnern; auch wenn wir nur wenige sind.
      Gott schütze das Volk der Buren!

  • @stephandeswardt5802
    @stephandeswardt5802 Před 6 měsíci

    Dankie vir hierdie mooi oorsig!

  • @coeniebre
    @coeniebre Před 5 lety +6

    Puik! Jammer dat ons eie mense moes boet, na Smuts en Botha se verraad.

    • @geraldfourie6980
      @geraldfourie6980  Před 5 lety +1

      Ja my maat..... Kiem van selfvernietiging kom ‘n lang pad.

  • @godfreyberry1599
    @godfreyberry1599 Před 11 měsíci +1

    An amazing part of South African history. Heroes to the end. How many ordinary South African soldiers lost their lives unnecessarily in WW1 due to Smuts's misplaced loyalty to the Empire, which has yet to apologise for the genocide without just consequences perpetrated against the Boer nation.

  • @GoodVideos4
    @GoodVideos4 Před 5 lety +6

    A part of South African history not so well known - a mini Anglo Boer War in 1914.

  • @michielburger1406
    @michielburger1406 Před 8 lety +6

    Bakgat, Kameraad.

  • @timmiebuchner9283
    @timmiebuchner9283 Před 4 lety +6

    Die engelse oorlog is nog nie verby nie. oor die 100 jaar al. Hulle het die slagveld gewen maar nie die oorlog nie. Waar is Victoria se ryk nou, wat het oorgebly van haar en Cicil Roads se ryk?

  • @coetzersharon1249
    @coetzersharon1249 Před 2 lety +2

    My voorsate.. MARITZ...

  • @diekkruger3137
    @diekkruger3137 Před 3 lety +2

    Lyk dalk goed,maar di byskriffies is te klein vir ñ ou man se oë...🧐

  • @mastre8886
    @mastre8886 Před 5 lety +1

    dankie

  • @poppieengelbrecht2408
    @poppieengelbrecht2408 Před 4 lety +4

    My oupa Cornelius Frederik Haasbroek was saam met die manskappe, of so lui ek af. Waar kan mens meer info kry? Ek het nog 'n hoed wat hy by Britse persoon afgeneem het. Hy was ongeveer 18 jr oud...

    • @geraldfourie6980
      @geraldfourie6980  Před 4 lety

      Poppie, ek glo die persoon met beste inligting is Professor Andries Raath. Jy kan hom op Facebook kontak.

  • @AerialVision
    @AerialVision Před měsícem +1

    Baie waar woorde

  • @leeuwsehollandice3260
    @leeuwsehollandice3260 Před 3 lety

    Thumbnail looks low key on Conor McGregor