riviersonderend (ai my lam)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 9. 11. 2021
  • In 1994 het my vriend Jan de Klerk die kameraman Uganda toe moes vlieg om die SABC 4x4 in Kampala te gaan haal nadat hy en die joernalis Jacques Pauw verslag moes lewer vir die SABC oor die burgeroorlog in Rwanda tussen die Hutus en Tsutsis. Hul moes vining padgee en uitvlieg om die nuus aan die wêreld bekend te maak en het die voertuig in Kampala gelos. Dus het hy my gevra of ek wil saamvlieg en ons dan die 4x4 voertuig terugry Suid-Afrika toe. Jan het sy video kamera saamgeneem en ons het 14 dae lank teruggery terwyl ons natuurlik plekke soos die Victoria meer, die oorsprong van die Nyl, die ewenaar, Nairobi, Kilimanjaro, Tanzanië, die Malawiese meer, die Zambezi, Zambië, Zim ens. deurreis en besigtig het… Hier en daar het ons bietjie video geskiet. Dit was een van die wonderlikste toere ooit.
    In 1993 het ek die liedjie Riviersonderend opgeneem. Jan het die videomateriaal aan my geskenk en toe die ander dag in 2021 het ek kreatief gevoel en hierdie video aanmekaar geslaan:
    Ai my lam al my verkenners
    Het lankal gerapporteer oor die pad na jou toe, die pad na jou toe
    Ai my lam, my troepe, my soldate
    Is lankal gemobiliseer vir die pad na jou toe, die pad na jou toe
    Die totale aanslag, sal onverwags wees
    Die onverwagte aanslag, sal totaal wees
    Jy sal dit kan sien aankom, ver dalk
    Maar niks daaraan kan doen nie
    Die beleg sal ‘n belegging wees
    Dit sal onvoorwaardelik wees
    Maar dis alles net as jy wil hê
    Dat my liefde soos vrede voor jou voete lê
    Renteloos, veilig in jou belê
    Want die pad na jou toe
    Is die pad na my toe
    Die pad na jou toe is die pad na my toe
    Want die pad na jou toe is dieselle as die pad na my toe
    Die pad na jou toe
    Is ‘n riviersonderend na my toe…
    © 1993 bushrock musiek/gallo; woorde en musiek anton goosen
  • Hudba

Komentáře • 7

  • @jean-paulsermeus89
    @jean-paulsermeus89 Před rokem

    Prachtige song echte troubadour anton grt uit België

  • @bundubeard
    @bundubeard Před 2 lety +2

    Epic song, epic trip Oos Afrika is iets anders ❤️

  • @G2010Z
    @G2010Z Před 2 lety +2

    Wonderlik. Baie spesiaal. Laat my onthou hoekom ek so baie van Anton Gooden se musiek hou!

  • @karenlerato357
    @karenlerato357 Před 2 lety +2

    Ka jy glo ek kry dit hier as n "recommendation".
    Liefde vir jou Anton! Awesome!

  • @Oleg.1970
    @Oleg.1970 Před 2 lety +1

    Здо'рово! Дякую! | Sjoe! Dankie!

  • @RK-zo9vs
    @RK-zo9vs Před 11 měsíci

    Uitstekend Anton!

  • @KOBUSmusic
    @KOBUSmusic Před 2 lety +1

    Ja! Flippin great track