Vadertjie Langbeen 1955 Rolprent - NOU IN KLEUR, GEMAAK DEUR "AI" TEGNOLOGIE (Film Colorization)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 23. 08. 2021
  • Die verhaal van die rolprent:
    Trudi Adendorff woon haar lewe lank in ’n kinderhuis, tot die dag toe sy haar matriek voltooi en ’n onbekende weldoener haar universiteit toe stuur. Hy is Jacques de Villiers, 'n skatryk sakeman, en sy enigste vereistes is: sy mag nie sy naam weet nie en sy moet gereeld vir hom skryf oor haar vordering. Hy skryf egter nooit terug nie.
    Sy ontmoet later haar "Vadertjie Langbeen", soos sy hom begin noem het omdat 'n langbeen-skaduwee teen 'n muur en sy vlugtige inklimmery in 'n motor al was wat sy ooit van hom gesien het. Maar sy besef hoegenaamd nie dat dié Jacques wat sy ontmoet het, eintlik Vadertjie Langbeen is nie en glo vas dat haar gawe weldoener 'n bleskop en stokou man moet wees.
    Deur haar eensydige korrespondensie met haar onbekende voog ontstaan daar by Trudi 'n tere liefdesband met die enigste soort ouerfiguur wat sy ooit geken het, maar 'n liefde op 'n romantiese vlak ontwikkel ook tussen haar en Jacques de Villiers. Weens 'n misverstand vlieg Jacques egter die land uit vir 'n jaar, vas onder die indruk dat daar 'n ander man in haar lewe is. Met haar gradeplegtigheid keer hy egter terug en ontdek hy dat daar in der waarheid niemand anders as hy vir Trudi was nie.
    Die rolprent eindig waar sy uiteindelik 'n kamer binnestap om van aangesig tot aangesig met haar Vadertjie Langbeen kennis te maak-en Jacques daar vind, wat haar in sy arms neem. "Dan is JY Vadertjie Langbeen!" sê sy verras. "Kon jy nooit raai nie?" sê-vra hy. 'n Skaduweebeeld teen 'n muur toon hoe Vadertjie Langbeen en die meisie van sy hart mekaar soen.
    Directed by:
    Pierre de Wet
    Writing Credits:
    Jean Webster - (novel)
    Pierre de Wet - (adaptation) (uncredited)
    Cast: (in credits order)
    Rita Bornmann - Trudi Adendorff
    Bob Griffiths - Jacques de Villiers
    Yvonne Theron - Martie Cilliers
    Patrick Mynhardt - Barry Cilliers
    Wynona Cheyney - Gloria de Villiers (as Wynona Cheney)
    Paula Styger - Paula de Villiers
    Albie van der Byl - Bruyns
    Joan Viljoen
    Hester van Niekerk
    Francis Coertze - Tant Sarie (as Frances Coertze)
    Vlokkie du Toit - Wykoff
    Esther Mentz - Mrs. de Beer
    Gideon Roos Jnr - Bennie
    Hildegarde Botha - Della
    Paddy Norval - Katie
    Rest of cast:
    Gert van den Bergh - Jacques (voice) (uncredited)
    Cinematography by:
    John Brown
    Film Editing by:
    Dennis Gurney
    Set Decoration by:
    William van Reenen - (decor)
    Peter Yule - (decor)
    Makeup Department:
    William Bell - makeup artist
    Sound Department:
    Gerald Ehrlich - sound editor
    Joe Goodman - sound
    Edward Howes - supervising sound editor
    Camera and Electrical Department:
    Peter Lang - lighting technician
    Script and Continuity Department:
    Elizabeth Wilman - continuity
    #OnsTaal
    #NouInKleur
    #Colorized
  • Zábava

Komentáře • 2

  • @andriestheunissen9525
    @andriestheunissen9525 Před rokem +1

    Een van die beste as dit nie die heel beste films was wat ek nog ooit gesien het nie en dit was in die 1950stigs as ek reg onthou in Alliwal-Noord

  • @helenalosper3828
    @helenalosper3828 Před rokem +2

    Baie mooi storie