10. Spiritisme ontbloot| Die Groot Stryd

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 6. 06. 2024
  • Andre en Rebecca Joubert
    “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep,
    met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die
    wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe
    oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en
    so sal ons altyd by die Here wees. (I Thessalonicense 4:16,17).
    Dekades gelede het verhale oor naby-dood-ondervindings (in Engels NDEs,
    near death experiences) bekend geword toe mense wat gesterf het en weer
    bygebring was, ongelooflike beskrywings gegee het van wat hulle gesien en
    gehoor het terwyl hulle “dood” was. Duisende van hierdie verhale was op skrif gestel en
    bestudeer. Oral oor die wêreld, insluitend die Christelike wêreld, het miljoene begin glo
    dat hierdie verhale bewys het dat die dode nie regtig dood is nie. Hierdie grondliggende
    geloofsbelydenis van spiritisme is een van Satan se mees wydverspreide en effektiewe
    misleidings.
    Om die waarheid te sê, spiritisme het in Eden begin met die slang se leuen wat hy
    aan Adam en Eva vertel het, “Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe
    nie;” Dwarsdeur die geskiedenis het dit in verskillende vorms voorgekom, maar altyd
    met die onderliggende stelling dat die lewe selfs na die dood, nog voortduur. Hierdie
    gedagte was die kern van een van die grootste valse godsdienstige bewegings van die
    19de eeu met die Fox susters se aanspraak daarop dat hulle antwoorde op hulle vrae van
    die geeste van die dooies ontvang het, maar wat later as bedrieglik bewys was.
    Gedurende die aarde se laaste konflik, sal Satan miljoene deur spiritistiese
    verskynsels mislei. Die boek van Openbaring dui aan dat hierdie een van die maniere
    sal wees wat hy sal gebruik om die wêreld onder sy beheer te bring.

Komentáře • 1

  • @maggie7747
    @maggie7747 Před měsícem

    Baie dankie. Gesënde Sabbat.