Nuwe Lof, Louis Brittz | Brood en Wyn (Lewendige Opname)
Vložit
- čas přidán 14. 03. 2024
- © 2024 Nuelight Publishing
Geskryf deur: Louis Brittz
Vervaardig deur: Louis Brittz
Opgeneem by: Kerksondermure
CCLI: 7233744
Lirieke:
Vers 1:
Ek sit by die tafel van my Heer
Ek eet en drink en bly oordink
Wat het my hart gebring tot hier
dat vlees U kan vereer
Vers 2:
Ek deel aan die beker en die brood
En soos ek buig, my dank betuig
voel ek opnuut die Christuskruis
my ophef uit die dood
Koor:
Die brood gebreek vir my
Sy wonde vir my pyn
Die LewensBloed geskink soos wyn
Vergifnis vloei deur my
Vers 3:
Ek sit hier aan en ek herdenk
met druif en deeg, U offer weeg
Teen sonde in, U lyding bring
Genade vry geskenk
Vers 4:
Ek neem die tekens en bring dank
Dat U tot aan die dood geslaan
Vir ons vir ewig vryheid bring
ek loof U lewenslank
Koor:
Bridge:
Daar aan die kruis die Hemelheer
Die Paaslam rein en teer
En in sy mond die doods-asyn
Ek sien die Here vir my ly
Daar aan die kruis die Koningseun
Is verbrysel en alleen
En voor die nuwe dag sou kom
Sou my sonde lê op Hom
Sou die Seun moes sterf vir my
Sou Jesus sterf vir my
Koor:
Die brood gebreek vir my
Sy wonde vir my pyn
Die LewensBloed geskink soos wyn
Vergifnis vloei deur my
Vergifnis vloei deur my
Vers 1:
Ek sit by die tafel van my Heer
Ek eet en drink en bly oordink
Wat het my hart gebring tot hier
dat vlees U kan vereer
#nuwelof #afrikaans #aanbidding #lofprys