Die Dodelike Gevaar van 'n Mens-gerigte Boodskap

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 1. 03. 2021
  • DIE DODELIKE GEVAAR VAN 'N MENS-GERIGTE BOODSKAP
    Die Nuwe Testament lê oor en oor klem op ons hemelse identiteit, roeping en bestemming. Ons is burgers van die koninkryk van die hemele, ons is "deelgenote van die hemelse roeping" (Heb. 3:1), ons het volgens Hebreërs 12:22 reeds gearriveer by die "hemelse Jerusalem" en ons staan onder 'n bevel van God om die "dinge wat daar bo is" te soek en bedink (Kol. 3:1-2). Boonop word daar in die sterkste moontlike terme 'n oordeel uitgespreek oor die wat slegs aardse dinge bedink "Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge." Filippense 3:19 Volgens die Nuwe Testament het ons gesterf saam met Christus en behoort ons nou eksklusief aan God sodat ons die belange van Sy hemelse koninkryk op ons hart kan dra. God is nie onbetrokke by ons aardse omstandighede nie, maar Hy roep alle dissipels op om allereers en in elke omstandigheid Sý koninkryk te soek, Sý naam te vereer en Sý wil uit te voer (Matt. 6:9-10 en 33). Daarom is boodskappe wat net fokus op mý omstandighede, mý finansies, mý gesondheid en mý sukses 'n erge misbruik van die Skrifte en 'n baie ernstige mistasting. God het ons gered om op Hom te fokus. Hy weet mos in elk geval hoe om te kyk na Sy kinders en Hy gee ons wat ons werklik nodig het, nie wat ons dink ons moet hê nie. Sý fokus is om van ons geestelike mense te maak wat besorg is oor verlore mense, dissipelskap, geestelike groei en die uitbreiding van Sy koninkryk. Wees op die uitkyk vir boodskappe wat Bybeltekste uit konteks aanhaal om 'n mens-gerigte "evangelie" te probeer regverdig. Dit is dodelik gevaarlik en die slagoffers tel in die tien duisende in ons generasie.

Komentáře •