Alles het Verander met die Vleeswording van Jesus

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 20. 09. 2022
  • ALLES HET VERANDER MET JESUS SE VLEESWORDING
    Alles het verander met Jesus se koms na hierdie aarde. Hoekom? Want nie net was Hy die Messias van die Jode nie, Hy was ook van die begin van die skepping af die Een deur wie en tot wie alle dinge geskape is.
    "Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte-alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape." Kolossense 1:16
    En meer as dit, alle dinge word slegs in Hom in stand gehou.
    "En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand." Kolossense 1:17
    Daarom is dit absoluut essensieël vir ons om alle dinge te weeg en bereken in verhouding met Jesus. Nie net is die gelowige Jode se benadering tot hulle godsdiens vir altyd verander nie, maar alles in die skepping het 'n nuwe betekenis gekry met die openbaarmaking van "die mens Christus Jesus" (1 Tim. 2:5). Ons hele lewe op aarde en ons ewige bestemming het vir altyd verander in Christus. Ons moet ons denke vernuwe om oor elke aspek van ons lewens te dink binne die ruimte van die Christus-openbaring. Nie net ons "geestelike lewe" nie. Blaai bietjie na Kolossense 1 en lees verse 15 tot 20 in hierdie lig.

Komentáře •