Jesus self is die Waarheid

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 6. 04. 2021
  • JESUS SELF IS DIE WAARHEID!
    Die gemeente van die Here word in 1 Timotheüs 3:15 "'n pilaar en grondslag van die waarheid" genoem. In 'n wêreld van leuens, verwarring, verdraaide boodskappe, en 'n massiewe verskeidenheid van uiteenlopende leringe is dit van kardinale belang dat ons styf vashou aan die suiwer waarheid van die evangelie. Die belangrikste van alles is dat ons moet verstaan dat Jesus self 'die Waarheid' is (Jn. 14:6). Daarom moet ons alles oor Sy Persoon, Sy verlossingswerk, en Sy koninkryk verslind en koester. Maar ons moet ook seker maak dat Hy alleen die middelpunt bly van ons gemeentelewe, en al ons leringe, besluite en aktiwiteite. Kinderlike gehoorsaamheid aan Hom bo alles, selfs al is dit onpopulêr, is die sentrale vereiste van ons Vader. Sodoende sal ons nie net in ons leer nie, maar ook in ons lewe, gesindhede en verhoudings die kosbare vrug van Sy Heerskappy sien.

Komentáře •