Witblits en peach brandy 1978 Afrikaanse Rolprent video nou reg

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 10. 06. 2023
  • Witblits en Peach Brandy is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1978 vrygestel is. Die vervaardiger was Martin Linder en die regisseur Dirk de Villiers.
    Storielyn
    Die storie speel in die Laeveld af en gaan oor die onwettige stook en bemarking van die heilige voggies, alombekend as Withond. 'n Drankoorlog breek tussen twee knorrige ou mans uit - 'n Boer teen Engelsman.
    Oom Koos en sy dogter, Sopie maak 'n goeie wins uit die verkoop van hul witblits wat hulle in groot geheim in die vallei stook en aan die plaaslike hotelman verkoop. Maar op 'n dag weier Solly om hul voorraad te koop. Hy het 'n nuwe verskaffer, en hierdie peach brandy is net so lekker as Oom Koos se witblits - net goedkoper. Oom Koos is onthuts en dit ontaard in 'n drinkkompetisie om te sien wie se voggies die beste is.
    Baie gou is Oom Koos en die Kolonel aanmekaar, en moet Sopie en Peter, die Kolonel se seun, net keer voor hul pa's mekaar opfoeter en die plaaslike sersant snuf in die neus kry.
    Hoofrolspelers
    Don Leonard as Oom Koos.
    Rina Nienaber as Sopie.
    Bob Courtney
    Tobie Cronjé
    All Rights Reserved To Their Respective Owners! Copyright Disclaimer Under Section 107 of the Copyright Act 1976, allowance is made for "fair use" for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, and research. Fair use is a use permitted by copyright statute that might otherwise be infringing. Non-profit, educational or personal use tips the balance in favour of fair use.

Komentáře •