Ruth - God gaan voor ons uit (Official Lyric Video)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 19. 10. 2022
  • DIE HART
    'God gaan voor ons uit' is 'n lied oor die hoop wat in môre lê al staan ons vandag in donker & onsekere omstandighede voor berge wat onmoontlik lyk om uit te klim.
    Die Here voorsien, Hy weet wat ons nodig het. In elke situasie wat ons ooit te staan mag kom, is Hy ons reeds vooruit om wat ook al ons mag nodig kry voor te berei. Ons is geneig om voorsiening slegs as geld en materiële dinge te sien, maar God voorsien soveel meer; 'n toekoms, hoop, lewe, instaatstellende krag, tyd, insig, wysheid, rigting, bystand, troos, versterking, rus, geleenthede, guns, beskerming en soveel meer. Ons hoef niks wat in die toekoms lê te vrees nie, want Hy is alreeds daar, 'n lig op ons pad & 'n sterk hand om ons regop te hou en aan ons steun te verleen wanneer ons stilweg op Sy intreding namens ons vertrou. Met sekerheid en vrede in ons harte kan ons seker rus in die wete, dat God voor ons uitgaan, saam met Hom is niks onmoontlik nie!
    SKAKELS
    Kry 'God gaan voor ons uit' hier:
    distrokid.com/hyperf.../ruth1...
    DANKIES
    Liedjie Produksie | Werner Kahts, Good Morning Sweet Songbird Studio
    Klankmeng | Stefan Swart
    Meester | Kelsey Mastering
    Bemarking | Tania Fourie Promosies
    LIRIEKE
    Vers 1:
    Ek lig my oë op,
    Waar sal my hulp vandaan kom?
    En as dit donker word, wie sal my paaie lei?
    Voor-Koor 1:
    Die Heer is my lig
    Die lamp wat my voete rig
    Dis Sy krag wat my dra, wat my in swakheid weer vas laat staan
    Koor:
    Die berge sal skuif, in die see in gedryf word
    Die see sal ‘n pad word en ons sal ongedeerd na die anderkant reis
    Sterk vestings sal val, ons sal oorwinning behaal
    God gaan voor ons uit
    Vers 2:
    As gevaar wil dreig,
    Wie sal my laat veilig bly?
    En as my voet wil gly, by wie sal ek steun kan kry?
    Voor-Koor 2:
    Die Heer’s my bewaarder,
    Die skadu aan my regterhand
    Hy laat my hoog op die kranse se randjies staan
    (Koor)
    Brug:
    God gaan voor ons uit, jy hoef niks te vrees
    God gaan voor ons, Hy sal namens ons veg
    God gaan voor ons - kan stilweg vertrou
    God gaan voor ons uit
    Koor:
    Die berge sal skuif, in die see in gedryf word
    God gaan voor ons uit
    SOSIALE SKAKELS
    Bly op hoogte:
    Facebook
    / ruthmusicsa
    Instagram
    / ruthmusic_sa
    Webtuiste
    www.ruthmusic.co.za/
    © Ruth Music SA
    #ruthmusicsa #godgaanvooronsuit #hoop #toekoms #nuut #singersongwriter #afrikaansmusic
  • Hudba

Komentáře • 26

  • @stephanredelinghuys6279
    @stephanredelinghuys6279 Před rokem +2

    Wow, wat ‘n Absolute Fantastiese liedjie. Elke keer wanneer ek jou hoor sing, weens ek daar is 20 Viole en ‘n vol Philharmoniese Struik Orkes wat inskop saam met die “Chorus” en 2 Kore wat deels saam met jou sing en deel wat offbeat sing…wens so iemand kan help om jou en die liedjie na nuwe hoogtes te neem, soos dit moet wees, voel of dit ‘n 9min liedjie moet wees met nog meer verse… Donker verhoog, Kore Links en Regs agter, Jy middel voor onder die kollig, Struikorkes middel agter .. hierdie is ‘n Groot liedjie wat wag om te ontplof! En al die eer is die Here sin ❤

  • @TasvdBerg
    @TasvdBerg Před 5 měsíci

    'n Vriend van ons was vermis en in die tyd wat almal na hom gesoek het, het ek elke aand die liedjie geluister want dit het my rustig gemaak met die wete die Here is reeds daar waar ons nog na hom soek. Ongelukkig is ons vriend vermoor en sy liggaam is gevind. Vandag nog luister ek na die liedjie en dink aan Desmond wat nie meer op aarde saam met ons is nie. Tog voel hy naby. Ons mis jou x

  • @amyesterhuizen239
    @amyesterhuizen239 Před 6 měsíci

  • @esmarieyssel8367
    @esmarieyssel8367 Před rokem +2

    Iemand het my lanklaas só stil gesing. Hierdie lied is genoeg om my elke dag momentum te gee. Baie dankie... 🙏

    • @ruthmusicsa
      @ruthmusicsa  Před rokem +1

      Dankie vir die mooi boodskap Esmarie!

  • @michaelchifulo4696
    @michaelchifulo4696 Před rokem +3

    I cannot speak Afrikaans but Spiritually I am connected to this song🙌🙏God bless and keep inspiring you

  • @almarivanwyk7770
    @almarivanwyk7770 Před 9 měsíci

    I enjoyed it very much! Thanks for sharing your book with us❤

  • @desireendjaronguru9772
    @desireendjaronguru9772 Před 11 měsíci

    Amen

  • @daniellekotze9056
    @daniellekotze9056 Před rokem

    Dankie dat jy luister na Heilige Gees se leiding met die liedjie. Dit praat tot my Gees xx

    • @ruthmusicsa
      @ruthmusicsa  Před rokem

      Dankie vir die mooi boodskap Danielle, waardeer dit!

  • @tiaandupreez
    @tiaandupreez Před rokem +1

    🔥💓🇿🇦Hy doen.
    So sal die boodskap van al jou liedjies ook vooruit🙌gaan👌

    • @ruthmusicsa
      @ruthmusicsa  Před rokem +1

      Dankie vir die mooi boodskap Tiaan, waardeer!

  • @Kitaarlesseviralmal
    @Kitaarlesseviralmal Před rokem

    Amazing lied, dit laat mens dink! Dankie baie.

  • @hanoleemarais3248
    @hanoleemarais3248 Před rokem

    Wow dankie jy song pragtag!!!!

  • @ruankahts900
    @ruankahts900 Před rokem

    Beaula!! Geen ander woorde vir sulke Godgegewe talent nie!

  • @michaelchifulo4696
    @michaelchifulo4696 Před rokem

    I need the English translation of this song,I really love it…

    • @ruthmusicsa
      @ruthmusicsa  Před rokem +2

      Hell Michael, here's the translation of the song:
      I lift up my eyes
      Where will my help come from?
      And when it becomes dark
      Who will lead my ways?
      The Lord is my light
      The lamp that directs my feet
      It's His strength that carries me
      In weakness He makes me stand firm again
      The mountains will move
      They will be cast into the sea
      The sea will become a road
      And we will journey safely to the other side
      Strongholds will fall
      We will have the victory
      God goes before us
      When danger threatens me
      Who will make me dwell in safety?
      And when my foot slips
      Who will support me?
      The Lord is my guard
      The shadow at my right hand
      He makes me stand high on the mountain ridges
      God goes before us
      You need not fear anything
      God goes before us
      He'll fight on our behalf
      God goes before us
      We can quietly trust in Him
      God goes before us
      It's a song that encourages us to trust in God in circumstances that feel like there's no way out, that seem impossible. God is our Provider, He already knows what we will face on the road that lies ahead and He goes before us to prepare for our every need. He is the light on our path and a strong hand that supports us. We need not fear anything that lies in the future, we can find peace in trusting in His faithfulness for He will fight on our behalf.

    • @michaelchifulo4696
      @michaelchifulo4696 Před rokem +2

      Wow 🤩 Thank you so much I highly appreciate the translation…You have contributed to my day,God bless you.The message is very powerful,indeed He is my light,the creator of every path even on a sea…

  • @frikkie
    @frikkie Před rokem

    Pragtige lied Ruth!

  • @abigailmunoz6560
    @abigailmunoz6560 Před rokem

    ρяσмσѕм 💦

    • @michellepetrus114
      @michellepetrus114 Před rokem

      Elke keer as ek die lied hoor kan ek voel hoe die heilige Gees my aan raak 😢❤

  • @roslynpetersen4612
    @roslynpetersen4612 Před rokem