PowerCore™ eienskaptegnologie is beskikbaar in Pannar se hoë-opbrengspotensiaal geelmielie genetika.

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 13. 04. 2023
  • PowerCore™ is 'n hoëpresterende, insekbestande saadeienskap (trait) wat doeltreffend help om gewasse te beskerm teen vernietigende bogrondse lepidoptera-plae, soos die Mieliestronkboorder en Chilo-stronkboorder.
    Die PowerCore™-eienskap bestaan uit drie verskillende Bacillus thuringiensis (Bt) -proteïene, wat elkeen insekte verskillend teiken en bydra om die lewensduur van die tegnologie te verleng. PowerCore™ tegnologie verleen ook onkruiddoderweerstand teen glifosaatonkruiddoders. Die tegnologie se unieke kombinasie van drie Bt-proteïene gekombineer met glifosaatverdraagsaamheid bied uitstekende beheer van plae en onkruid.
    Hierdie uitsonderlike eienskaptegnologie is nou beskikbaar in sewe Pannar mieliebasters met uitstekende topopbrengspotensiaal.
    Geelbasters: PAN 3P-924PW, PAN 4P-928PW, PAN 5P-902PW en PAN 5P-990PW
    Witbasters: PAN 3P-973PW, PAN 5P-985PW and PAN 5P-991PW
    Praat vandag met een van Pannar se kundiges en bepaal watter mieliebasters met die PowerCore™ tegnologie, die beste op jou plaas sal pas!
  • Věda a technologie

Komentáře •