All For The Love Of A Girl - Jody Wayne

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 12. 09. 2024
  • Die countrysnit "All For The Love Of A Girl" is in 1968 deur Jody opgeneem, en op solus-sewe (ORS 618) uitgereik deur WRC (World Record Co). Dis gekomponeer deur die Amerikaner Johnny Horton, en oorspronklik deur hom in 1953 opgeneem. Op die keersy van die plaatjie is die pragtige poptreffer "Marilyn".
    Jody Wayne is gebore in Bangalore, Karnataka, Indië, op 25 September 1944. Sy ouers was Kanadees, en die gesin het later na Rhodesië geëmigreer. Jody het in 1964 na Durban verhuis. Aan die begin van sy loopbaan was hy eers in die groepe Little Jo & The Travelers, The Jody Wayne Scene en toe Guys & Dolls, waarna sy suksesvolle solo loopbaan begin het. In die 1970's het hy ontpop as een van ons beste musiekregisseurs en het kunstenaars soos Barbara Ray, Gwynneth Ashley-Robin, Neil Herbert en die Stockley Sisters 'ontdek'. In 1975 vertolk hy die hoofrol in die verhoogstuk "'Joseph & The Amazing Technicolor Dreamcoat", en vir sy hele loopbaan was hy en sy "bontjas" onafskeidbaar. Hy was vanaf die 1960's tot en met die 1990's een van die gewildste sterre in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en het die goue en platinumtoekennings as beide sanger en regisseur ingeryg!
    Jody het ook geboer op die trefferlyste in Suid-Afrika, en hy het saam met van die grootste name regoor die wêreld gewerk. Hy was ook baie bekend vir sy kleurvolle en unieke verhoogklere soos sy bontjas en cossack-styl-hemde. Sedert die 2000's het hy hom meer toegespits op countrymusiek, en ook 'n huldeblyk aan een van sy gunsteling groepe, Smokie, op die verhoog en op cd gedoen. Hy het ook nog steeds voortgegaan om nuwe talent te ontdek en te ontgin. Hyself was tot met sy dood ook nog gereeld op die verhoog in aksie, en was werklik baie geliefd onder die publiek met sy saggeaarde en vriendelike geaardheid. Diè reuse Suid-Afrikaanse musieklegende is op 14 Maart 2022 in die ouderdom van 77 oorlede.

Komentáře • 1