Toe Die Engel Aan Die Water Raak (Ft. Nádine)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 21. 02. 2024
  • Lirieke:
    Ek het mooi gevra - gebedel by die hemel
    Ek’t my Pa gevra
    vir ‘n been wat pas in my ribbekas
    om die legkaartstukke in te las
    daar waar die gate was
    My lyf het gedryf in die dooie see
    jy’t die fakkels in die donker vir my aangegee,
    my losgemaak, uit die doringdraad,
    toe die engel met haar hande aan die water raak
    Ek het verdwaal op eenspoor-paaie,
    jy het dit alles kom verander,
    deur die breeklyn van die branders,
    loop jy na my ‘n engel op die water
    Hy het jou gestuur
    tot in die koue van my eenman-vuur
    gemeet gepas - aan my flenterjas,
    jou ingelas met sy waterpas,
    daar waar die gate was
    Jy’t my opgetel langs my slingervel,
    toe die reuse in my kop hulle geld kom haal,
    jy’t my oorvertel in n volverhaal
    met die bloed van jou trane hulle terugbetaal
    Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
    jy het dit alles kom verander,
    deur die breeklyn van die branders,
    loop jy na my ‘n engel op die water
    Ek’t aanhou bloei deur die verbande
    jy het dit alles kom verander,
    deur die breeklyn van die branders,
    loop jy na my ‘n engel op die water
    Jy’t gesê die sand val deur ons hande
    ek en jy
    die hemel het my bedelbrief gekry
    Ek’t mooi gevra
    gebedel by die hemel - ek’t my Pa gevra
    vir ‘n ribbekas waarin ek sou pas
    om die legkaartstukke in te las
    daar waar die gate was
    Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
    jy het dit alles kom verander,
    deur die breeklyn van die branders
    loop jy na my ‘n engel op die water
    Ek’t aanhou bloei deur die verbande
    jy het dit alles kom verander
    deur die breeklyn van die branders
    loop jy na my ‘n engel op die water
    Musiek Vervaardiger:
    Byron Kuntz
    Regisseur:
    Tertius Human
    Kameras :
    Tertius Human
    Video Vervaardigers:
    Laughing Lamp
    Redigeerder:
    Tertius Human
    Platemaatskappy:
    Roots Records
    Produksiebestuurders:
    Tertius Human
    #afrikaans #dozimusiek #braai #Dozi #nuweafrikaans #afrikaanspop #pop #maybemybaby #ouryperd #music #southafrica

Komentáře • 191

  • @mariusdevos63-777
    @mariusdevos63-777 Před 4 měsíci +45

    Dis mos nou Afrikaans waarop mens kan trots wees!!! Dankie Dozi & Nadine!

    • @midvaalhealthcentre
      @midvaalhealthcentre Před měsícem +1

      Ek stem saam. Die is Afrikaanse musiek. Nie net nog n suipgat liedjie nie

  • @realeroux1904
    @realeroux1904 Před 20 dny +2

    beste songwriting in 2024 and beyond 'n juweel van 'n song - laat my ween - to be honest - BRAVO Dozi en Nadine for being so REAL!!!!

  • @koortsj
    @koortsj Před 4 měsíci +27

    Dit is absolute fantastiese lirieke deur ‘n baie begaafde Francis Grobler! Ons Afrikaanse musiekbedryf kan doen met meer lirieke van hierdie gehalte.

  • @jackieoberholzer2828
    @jackieoberholzer2828 Před 4 měsíci +27

    Die Song van 2024 vir my! Well done dis fantasties mooi!

  • @user-il9ne1he4c
    @user-il9ne1he4c Před 3 měsíci +7

    Mooiste liedjie nog vir 2024. ❤

  • @bertus2773
    @bertus2773 Před 4 měsíci +16

    Ek kanie op hou luister na jul 2 nie.GOD is groot,jul 2 gaan baie lewens verander.xx

  • @martinkotze7258
    @martinkotze7258 Před 3 měsíci +5

    Pragtig!
    Die kombinasie van Dozi en Nadine ... 2 verskillende generasies se lief en leed saamgesnoer met die mooiste, gevoelvolste stemme, musiek en lirieke ...
    Wat meer kon ons voor vra in 2024?

  • @NicoSchamrel
    @NicoSchamrel Před 4 měsíci +15

    'n Beeldskone treffer - welgedaan Dozi en Nadine. Lirieke is pragtige sielswoorde uit die pen van Francis Grobler. Muesiekvervaardiger Byron Kuntz - well done!!

  • @user-nc2zm9cc2y
    @user-nc2zm9cc2y Před měsícem +1

    Luister elke dag na die song so veel gevoel daarin😊😊

  • @zwergi471
    @zwergi471 Před 3 měsíci +7

    Das ist ein sehr schönes Lied 🥰 Liebe Grüße aus Deutschland

  • @corastander3149
    @corastander3149 Před 3 měsíci +4

    Jul sing met soveel gevoel. Awesome liedjie, welgedaan mag jul geseend wees. Verseker 2024 treffer Amen

  • @hennietraut8012
    @hennietraut8012 Před 3 měsíci +8

    Wow Dozi en Nadine dis onbeskryflik mooi dis bitter mooi, baie dankie vir julle twee, my gebed vir altwee van julle is dat ons Vader ook julle elkeen se ribbebeen sal gee om ook julle lewens te vul met die regte Engel op die water...want julle het mooi gevra, julle het dit alles kom verander.... so mooi

  • @designastitchmagdavanzyl6665
    @designastitchmagdavanzyl6665 Před 4 měsíci +27

    Dis seker van die mooiste lirieke waarna ek nog geluister het. Julle dra dit so mooi oor en stemme pas uitstekend. Well done

  • @ansiebam2967
    @ansiebam2967 Před 4 měsíci +8

    As ons besef ons is soekend en dan uitroep en glo.....is die uitgestrekte Hand altyd daar om op te tel en te help en versterk. Dankie Dozi en Nadine

  • @alidaannandale
    @alidaannandale Před 3 měsíci +4

    Wow dit so mooi. Dit vat raak❤

  • @sekelele
    @sekelele Před 4 měsíci +2

    # prachtige lied. 🎶

  • @user-mv1bf4oy9j
    @user-mv1bf4oy9j Před 4 měsíci +5

    Absoluut fantasies trane het gerol oor my wange mooiste woorde en twee amazing stemme wat saam sing

  • @canuck2210
    @canuck2210 Před 4 měsíci +6

    Die mooiste mooi!! Ek bly in Calgary al vir 20 jaar en hierdie is die mooiste lief ooit! Raak diep!

  • @rianasteyn5218
    @rianasteyn5218 Před 4 měsíci +8

    Dit is die mooiste mooi lied ●●● met die mooiste mooi diep woorde ●●

  • @midvaalhealthcentre
    @midvaalhealthcentre Před měsícem +1

    Die is die mooiste lied wat ek in n baie lang tyd gehoor het. Lirieke wat tot n mens se hart praat. Nie net nog n suip liedjie nie. Mag ander kunstenaars leer. Dis awesome. En julle stemme saam werk wonders

  • @bertus2773
    @bertus2773 Před 4 měsíci +5

    Wow,wat kan mens sè,mooi verby.Nadine en Dozi ken al twee die seer van harte.Jul 2 mense is uniek verby.Baie liefde vir jul musiek en vir julle.Bertus van Eeden.

  • @wilyh1975
    @wilyh1975 Před 3 měsíci +1

    Kan net nie genoeg kry van die lied nie, dit is pragtig en julle sing dit so mooi, so trots op ons taal..

  • @mariowouterstube
    @mariowouterstube Před 3 dny

    Heel mooi nummer en wat een prachtige stem hebben jullie! Groeten uit Nederland.

  • @kerstin8856
    @kerstin8856 Před 2 měsíci +3

    Diese Stimmen👍,besonders seine Stimme geht mir persönlich unter die Haut. Sehr schön

  • @deliabotha7187
    @deliabotha7187 Před 3 měsíci +3

    Dis die song wat gaan pryse wen. Die lirieke is pragtig. So diep....❤

  • @tiaanfroneman1
    @tiaanfroneman1 Před 3 měsíci +2

    Ek het die lirieke probeer vertaal in Engels vir iemand wat gevra het. Dis bitter moeilik want dit is regtig so 'n ongelooflike liedjie! Die lirieke is onsettend mooi!

  • @dietoerboer6641
    @dietoerboer6641 Před 4 měsíci +2

    Dozi en Nàdine
    Die toerboer en sy Dr se lied.so pas n rib in n ribbekas.
    So breek n bedel gebed deur wat in die Klaagmuur gebere word.
    Eendag vertel ons ons verhaal vir julle.
    Groetnis uit die land van die dooiesee...die diepste plek op aarde en nou uit Namibia
    Die toerboer

  • @MarianBotes
    @MarianBotes Před 3 měsíci +1

    Ek moet saam stem dit is nou wraggies die mooiste nog. Julle 2 se stemme saam is die BESTE en asb ons soek n hele CD van julle 2 saam.

  • @elmariedurandt8670
    @elmariedurandt8670 Před 3 měsíci +2

    Dit is pragtig, kan dit oor en oor luister. Baie geluk met die pragtige lied.❤

  • @lindajancowitz4618
    @lindajancowitz4618 Před 4 měsíci +5

    Absoluut pragtig n treffer woorde raak aan jou siel! WELGEDAAN!

  • @carinasmuts7480
    @carinasmuts7480 Před 4 měsíci +4

    Wow!!!! Stunning.

  • @zelmapretorius-wr3vc
    @zelmapretorius-wr3vc Před 4 měsíci +4

    Bitter mooi!

  • @natashagreyvenstein6792
    @natashagreyvenstein6792 Před 4 měsíci +4

    Uit die hart vir die seisoen van jou lewe Dozi..

  • @georgiahenstock5582
    @georgiahenstock5582 Před 4 měsíci +4

    Baie mooi Dozi en Nadine. Trots op julle, goeie woorde. 🌟🌟

  • @maribeukes2877
    @maribeukes2877 Před 4 měsíci +5

    Wow..Julle sing so mooi saam Dozi en Nadine!!
    Talent !! Pragtige lirieke!

  • @ceciliavanheerden7540
    @ceciliavanheerden7540 Před 3 měsíci +4

    Wat 'n prag lied!! Jul stemme pas uitstekend SAAM!! Dit spreek met almal se ❤

  • @maartenkruyshaar9263
    @maartenkruyshaar9263 Před 3 měsíci +2

    Dit is verseker die Lied van 2024. Wel gedaan jul 2 dis fantasties mooi.

  • @WillemCelliers-ec9vh
    @WillemCelliers-ec9vh Před měsícem

    Baie mooi Jul twee gee my krag om an te gaan danki

  • @renatagrobler5893
    @renatagrobler5893 Před 4 měsíci +5

    So mooi!! Kan oor en oor luister!❤

  • @SanetLemmen
    @SanetLemmen Před 3 měsíci +1

    Dit is sover my 2024 favorite. Well done Dozi en Nadine.

  • @kotielourens-pg8zm
    @kotielourens-pg8zm Před 3 měsíci +3

    Pragtige liedjie, baie dankie Dozi en Nadine

  • @sonjasmuts
    @sonjasmuts Před 3 měsíci +1

    2 Prag mense met ongelooflike stemme . Julle stemme pas so goed bymekaar . Mooi verby. Alle liefde.

  • @Elanie-vl1ie
    @Elanie-vl1ie Před 27 dny

    Beste liedjie ooit......puik

  • @louisevanrhyn1186
    @louisevanrhyn1186 Před 4 měsíci +1

    Mooiste mooiste song. Mooiste 2 stemme

  • @user-dd4db4wf4l
    @user-dd4db4wf4l Před 4 měsíci +4

    Die hoendervleis mooi.. WOW WOW... love dit..

  • @runawaybrideZ
    @runawaybrideZ Před 4 měsíci +4

    Dit is darem ñ bitter mooi liedjie. Dankie julle twee.

  • @pieterbusa
    @pieterbusa Před 4 měsíci +3

    Wow. Ons kort meer sulke goeie Afrikaanse musiek. Dis flippen fantasties

  • @andrepaulsen7481
    @andrepaulsen7481 Před 3 měsíci +1

    Dis vreeslik mooi en roerend!

  • @susanferries-scott4023
    @susanferries-scott4023 Před 4 měsíci +3

    😊wow dis mooi....❤❤❤❤❤lieflik ❤❤❤❤❤

  • @elsiecalitz3138
    @elsiecalitz3138 Před 4 měsíci +2

    Wow 🙏💖 fantasties 🌹💜🙏💜

  • @SAlaaitie
    @SAlaaitie Před 3 měsíci +1

    Pragtige liedjie met waardevolle lirieke. Awesome

  • @UrsulaOosthuizen
    @UrsulaOosthuizen Před 27 dny

    Mooiste mooi woorde en julle 2 se stemme is so mooi saam eoe

  • @tiaanduvenhage5458
    @tiaanduvenhage5458 Před 3 měsíci +1

    Dit is mooi julle twee❤❤

  • @user-wr9ls4ft2v
    @user-wr9ls4ft2v Před 4 měsíci +3

    Wow wow wow. Mooi song

  • @corastander3149
    @corastander3149 Před 3 měsíci +1

    Amazing ek luister die lied oor en oor❤🎉😢

  • @elenorbesteman489
    @elenorbesteman489 Před 4 měsíci +3

    Wow wat 'n mooi lied. Stemme werk so goed saam!!!

  • @marileenvaneck3042
    @marileenvaneck3042 Před 3 měsíci +2

    Mooiste lied ❤

  • @hanliespence9625
    @hanliespence9625 Před 2 měsíci +1

    So, so mooi ❤❤❤

  • @tiaanfroneman1
    @tiaanfroneman1 Před 3 měsíci +3

    I pleaded sincerely,
    Begged to heaven and I asked our Father
    For a bone to fit my ribcage
    So all the puzzle pieces fit together and fill all the empty spaces.
    My body floated in the dead sea
    In the dark you handed me the burning torches
    You freed me from the razor wire
    When the angel touched the water with her hands
    I got lost on one way roads and you came and changed it all
    Through the surface of the crashing waves you come walking towards me like an angel on the waters
    He sent you to me
    To the cold of my one-man fire
    Measured and fitted to my tattered coat
    Fitted with a spirit level - there where the empty spaces were
    You raised me up next to my sling
    When the giants in my head came to fetch their debt
    You kept on telling me like a novel
    With the blood of your tears you repaid it all
    I got lost on one way roads and you came and changed it all
    Through the surface of the crashing waves you come walking towards me like an angel on the waters
    I kept bleeding through the bandages
    But you came and changed it all
    Through the surface of the crashing waves you come walking towards me like an angel on the waters
    You said the sand keeps slipping through our fingers - you and I
    Heaven received my plea
    I pleaded sincerely,
    Begged to heaven and I asked our Father
    For a ribcage where I would fit
    So all the puzzle pieces fit together and fill all the empty spaces.
    I got lost on one way roads and you came and changed it all
    Through the surface of the crashing waves you come walking towards me like an angel on the waters
    I kept bleeding through the bandages
    But you came and changed it all
    Through the surface of the crashing waves you come walking towards me like an angel on the waters

  • @mariabekker6470
    @mariabekker6470 Před 3 měsíci +2

    Wow!

  • @joevermeulen6117
    @joevermeulen6117 Před 4 měsíci +4

    Love die song!!

  • @verabooysen3762
    @verabooysen3762 Před 4 měsíci +3

    Wow wat 'n lied 💔💔💔 asemrowend!

  • @maggietheron5932
    @maggietheron5932 Před 3 měsíci +1

    Beslis n treffer geluk jul twee❤❤❤

  • @wandahuman571
    @wandahuman571 Před 4 měsíci +3

    WOW!!!! BEAUTIFULL

  • @zoniquebarnard4998
    @zoniquebarnard4998 Před 4 měsíci +4

    ❤❤ Baie mooi

  • @Charlenedefin
    @Charlenedefin Před 3 měsíci +1

    Suiwer Afrikaans!!!!!!!!! Trots ❤

  • @tanyaloots6616
    @tanyaloots6616 Před 3 měsíci +2

    ❤Wow wow

  • @user-kc9ex2lk5t
    @user-kc9ex2lk5t Před 4 měsíci +2

    SUBLIEM! Die heel mooiste Lirieke

  • @sellysnyman294
    @sellysnyman294 Před 3 měsíci +1

    Absolutely n pragtige diep lied. Dankie julle twee sangers ❤

  • @jacomeissenheimer1181
    @jacomeissenheimer1181 Před 3 měsíci +1

    Dozi en Nadine. Great song. Ek het hom 5 keer geluister en hy groei mooi. Julle lyk en klink goed. Nadine - Jou ingelas met Sy waterpas,
    daar waar die gate was. Alles Sal altyd uitwerk soos dit moet.
    Ek het iets geskryf - Barrydale se strate. kan hom dalk vir jou epos. Groete

  • @ronelsinclair1329
    @ronelsinclair1329 Před 3 měsíci +1

    My woorde het opgeraak om te beskryf hoe diep so lied mens kon tref ,Dozi Nadine dis n mooi en vol verhaal lied ❤❤❤

  • @Charley7771
    @Charley7771 Před 4 měsíci +2

    Pragtig dis magical!!! die mooiste afrikaans woorde

  • @heksie6073
    @heksie6073 Před 4 měsíci +3

    Wow!! 'n Wen kombinasie van stemme. Dit is die mooiste song. Well done Francis en die hele span wat die perfekte melodie bygesit het. Ja, ons is moeg vir die "wanna be's". Hierdie is weer Theuns Jordaan, Randall Wicomb, Lucas Maree kwaliteit. Gee asb nog!!! Uitstekend uitgevoer deur twee begaafde kunstenaars!

  • @divanfourie6896
    @divanfourie6896 Před 4 měsíci +4

    Stunning song deur 2 stunning mense, dankie julle

  • @doreenklynsmith8979
    @doreenklynsmith8979 Před 4 měsíci +1

    Mooiste mooi met jul 2 stemme,puik ❤

  • @rianatheron3338
    @rianatheron3338 Před 4 měsíci +3

    Uiters pragtig, sielvol ❤️❤️❤️

  • @desireslabbert5780
    @desireslabbert5780 Před 3 měsíci

    Pragtige Afrikaanse lied. Fantastiese twee stemme saam.

  • @berthatheunissen7398
    @berthatheunissen7398 Před 4 měsíci +2

    Wow, mooi gemaak Dozi en Nadine👌👌

  • @judy-jenekoen4923
    @judy-jenekoen4923 Před 3 měsíci +1

    Pragtig❤

  • @DirkJoubert-hl7hy
    @DirkJoubert-hl7hy Před 3 měsíci +1

    Beautiful

  • @auberyalberts5543
    @auberyalberts5543 Před 4 měsíci +2

    Fantastic song guys

  • @Adri-oj3yt
    @Adri-oj3yt Před 4 měsíci +3

    Pragtag. Wragtag pragtag ❤.

  • @user-ws2gl8zm2n
    @user-ws2gl8zm2n Před 3 měsíci +1

    Beslis song van die jaar. Weldone julle twee

  • @aliciaschultz6513
    @aliciaschultz6513 Před 3 měsíci +1

    Wow wonder woorde Dit is so mooi.

  • @theavanrensburg8196
    @theavanrensburg8196 Před 3 měsíci +1

    Wow! Ek wil net weer en weer luister, hierdie song is ‘n treffer! ❤

  • @abelgouws6159
    @abelgouws6159 Před měsícem

    Baie baie mooi.
    Love dit.❤

  • @user-gz2gk3qq5k
    @user-gz2gk3qq5k Před 4 měsíci +2

    Mooiste song in Afrikaans ooit!!! Wow wow wow! Baie geluk julle!

  • @merindadiesel3370
    @merindadiesel3370 Před 22 dny

    Baie baie mooi!❤❤❤

  • @engelasan
    @engelasan Před 3 měsíci +1

    Absolute fantasties! Respek!

  • @user-ru1nd7yn9j
    @user-ru1nd7yn9j Před 4 měsíci +2

    Hoendervleis mooi❤

  • @brandboysSA
    @brandboysSA Před 4 měsíci +3

    STUNNING!!!!
    Dankie Dozi & Nadine!

  • @jannienel5957
    @jannienel5957 Před 2 měsíci

    Dozi my Held! Baie mooi Lied :) Dankie julle

  • @maritzaortiz9106
    @maritzaortiz9106 Před 4 měsíci +2

    Wow how beautiful 🇵🇷❤️

  • @maribrandt9213
    @maribrandt9213 Před 4 měsíci +2

    Hi, Im glad I find you, very good music!

  • @wilmienventer0808
    @wilmienventer0808 Před 4 měsíci +1

    Beautiful verby❤

  • @AmandaMackay-sc2tg
    @AmandaMackay-sc2tg Před 3 dny

    Sjoe. Dit is so so mooi!

  • @TheRose0506
    @TheRose0506 Před 4 měsíci +1

    Pragtige liedjie en video!❤️🌹🎶

  • @hildrethtruter4234
    @hildrethtruter4234 Před 4 měsíci +1

    Sjoe, dis mooi ❤

  • @marindadyer909
    @marindadyer909 Před 4 měsíci +3

    Absolutely beautiful, ek kan oor en oor hierna luister. Welgedaan met die lirieke Francis

  • @pieteri.duplessis
    @pieteri.duplessis Před 2 měsíci

    Dozi, ek neem aan hierdie lied is jou pennevrug. Dis baie goed gestel en dan dra jy en Nádine dit so mooi voor. Knap gedaan, hou so aan.