Luukse 2-Slaapkamer huis met moderne afwerking te Koop vir slegs R1,280,000. Kontak Irene 0832288572

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 11. 09. 2024
  • #afrikaans #kleinfontein #orania
    Hierdie Luukse woning met sy moderne afwerking bied die volgende: 2-Slaapkamers, 2-badkamers, oopplan leefarea, kombuis is toegerus met ‘n gasstoof en elektriese oond, lieflike hoek kas. Dubbelmotorhuis met Elektriese Motorhuisdeure. Songeiser.
    Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
    Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
    Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
    Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgense Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
    Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
    Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.

Komentáře •