GOD IS VRYGEWIG - Andries Enslin, 31 Maart 2019

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 31. 03. 2019
  • GOD IS VRYGEWIG
    SEWE EWEIGE WAARHEDE VAN GOD REEKS
    God is GOED
    God is HIER
    God is BESIG
    God is VRYGEWIG
    God is LOJAAL
    God is GEDULDIG
    God is ..............
    HOE DIEP IS VRYGEWIGHEID IN DIE KARAKTER VAN GOD?
    Die Here God het die mens in die tuin gesit sodat hy dit kon bewerk en oppas. Hy het ook vir die mens gesê: “Jy is welkom om van al die bome in die tuin te eet. Daar is egter een boom waarvan jy nooit mag eet nie. Dit is die boom wat kennis gee van goed en kwaad. Die oomblik dat jy daarvan eet, word jou bestemming die dood.” Die Here God het verder gesê: “Dit is nie reg dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan bystaan en hom kan help.” Genesis 2:15-18 (DB)
    “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.” Johannes 3:16-17 (NLV)
    ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens. Julle seuns en dogters sal die woord van God verkondig; julle jongmense sal gesigte sien, en julle oumense sal drome droom. Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig. En Ek sal wonders gee …’ Handelinge 2:17-19a (NLV)
    Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ’n genadegawe gegee. Daarom sê die Skrif: “Toe Hy in die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes meegevoer en geskenke aan die mense gegee.” Efesiërs 4:7-9 (NLV)
    STORIES VAN GOD WAT MORS, IS DIE BYBEL VOL
    GOD SE KARAKTER VRYF AF OP ONS
    God laat julle in al sy goedheid deel. Nee, eintlik oorlaai Hy julle met sy genade sodat julle altyd oorgenoeg van alles het. Julle het geen gebrek op geestelike of materiële gebied nie. Daarom kan julle altyd goed doen en ander mense help. Ja, julle lewe kan regtig oorloop van vrygewigheid en goeie werke. 2 Korintiërs 9:8 (DB)
    Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was. Handelinge 4:13 (NLV)

Komentáře •