Gebaretaal + Troeteldiere vir Babas + Kleuters | Leer Woorde, Handgebare, Kleure, Vrae, Tel + Meer

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 30. 07. 2024
  • Kom leer oor troeteldiere met 'n raai speletjie en afrikaanse rympies saam met Tannie Bianca. Ons leer ook oor kleure, vrae soos "Wat", "Hoe", "Wanneer", "Waar" en "Hoekom" en hoe om tot by 10 te tel!
    - Ons leer oor honde, katte, hase, hamsters, akkedisse, skilpaaie, slange, visse en papegaaie;
    - Ons leer die handgebare vir elke troeteldier; en
    - Ons leer die diere se klanke en aksies.
    Diere geluide is 'n fantastiese manier om vir kinders woorde en spraak te leer. Hulle is meer geneig om belang te stel in diere en hulle geluide en woorde wat met diere geassosieer word. Die rympies is ook 'n oulike manier om vir hulle woorde te leer en die vrae stimuleer hulle belangstelling in wat hulle sien en natuurlike nuuskierigheid oor die wereld.
    Vir gratis flitskaarte wat julle by die huis kan uitdruk oor die troeteldiere in vandag se episode - stuur 'n epos aan tanniebianca88@gmail.com
    Hoofstukke:
    0:00 Inleiding
    0:51 Hond - Raai speletjie
    1:49 Hond - Interessante feite
    4:38 Hond - Tel tot 2
    4:54 Hond - Rolspel
    5:11 Hond - Rympie & uitspraak
    5:29 Kat - Raai speletjie
    6:30 Kat - Interessante feite
    8:55 Kat - Tel tot 3
    9:12 Kat - Rolspel
    9:50 Kat - Rympie & uitspraak
    10:12 Haas - Raai speletjie
    11:09 Haas - Interessante feite
    13:53 Haas - Tel tot 4
    14:15 Haas - Rolspel
    14:36 Haas - Rympie & uitspraak
    14:56 Hamster - Raai speletjie
    15:57 Hamster - Interessante feite
    18:08 Hamster - Tel tot 5
    18:31 Hamster - Rolspel
    18:57 Hamster - Rympie & uitspraak
    19:17 Akkedis - Raai speletjie
    20:17 Akkedis - Interessante feite
    22:03 Akkedis - Tel tot 6
    22:26 Akkedis - Rolspel
    22:52 Akkedis - Rympie & uitspraak
    23:13 Skilpad - Raai speletjie
    24:07 Skilpad - Interessante feite
    27:12 Skilpad - Tel tot 7
    27:38 Skilpad - Rolspel
    28:10 Skilpad - Rympie & uitspraak
    28:31 Slang - Raai speletjie
    29:25 Slang - Interessante feite
    31:59 Slang - Tel tot 8
    32:20 Slang - Rolspel
    32:47 Slang - Rympie & uitspraak
    33:08 Vis - Raai speletjie
    34:00 Vis - Interessante feite
    35:47 Vis - Tel tot 9
    36:11 Vis - Rolspel
    36:38 Vis - Rympie & uitspraak
    37:00 Papegaai - Raai speletjie
    37:50 Papegaai - Interessante feite
    39:58 Papegaai - Tel tot 10
    40:26 Papegaai - Rolspel
    41:02 Papegaai - Rympie & uitspraak
    41:24 Ander troeteldiere
    42:27 Vol Troeteldier Rympie
    44:49 Tata sê
    45:24 Subscirbe
    _________________________________________________________________________
    Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinder liedjies, lesse en strories het julle die regte plek gevind. Ek maak nuwe videos elke week en probeer dit elke Vrydag oplaai - so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle al my nuwe videos sien sodra dit uit is.
    Julle kan my ook volg op my facebook ( tanniebianca) of Instagram ( / tannie_bianca )
    Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op CZcams, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET!
    Kom ons help mekaar om Afrikaans te bevorder!
  • Zábava

Komentáře •