Hoe bid ek vir...? God se wil - Andries Enslin, 2 Julie 2017 VM

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 1. 07. 2017
  • BID GOD SE WIL
    HOE BID EK VIR …
    ROMEINE 8:26-27
    ONS ALMAL SUKKEL
    Romeine 8:26-27 (DB) Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.
    1 Korintiërs 2:10-15 (DB) Ons weet nie hierdie dinge sommer vanself nie. God het dit vir ons met behulp van sy Gees kom verduidelik. Die Heilige Gees weet alles, tot alles wat in God se diepste gedagtes aangaan. Dit is net soos met ’n mens. Niemand weet wat binne-in jou omgaan behalwe jou gees nie. Net so weet niemand wat binne-in God omgaan behalwe God se Gees nie. Juis hierdie Gees het God vir ons gegee. Hy het nie sommer ’n gewone gees vir ons gegee wat niks van Hom af weet nie. Omdat ons God se Gees in ons het, kan ons presies begryp wat God so onverdiend vir ons gegee het. Die Gees vertel ons immers daarvan. Ons vertel julle dus nie allerhande slimmighede wat ons by ander mense gehoor of in boeke gelees het nie. Wat ons julle vertel, het ons by die Gees self geleer. Dit is God se geestelike boodskap. Iemand wat net op ’n menslike vlak bly dink en net glo wat mense kan verklaar, sal nie ’n woord van God se geestelike boodskap wil aanvaar nie. Dit sal nie vir hom sin maak nie en hy sal nie kan verstaan hoe op aarde dit moontlik kan wees nie. Die fout lê by hom en nie by die dinge wat hy nie kan verstaan nie. Hy is die een wie se oë heeltemal toe is vir die geestelike dinge. Net die Heilige Gees kan hierdie dinge vir ’n mens duidelik maak. Iemand wat die Heilige Gees in sy lewe het, sal weet wat om van al hierdie dinge te dink. Hy sal geestelik sensitief wees, al sal die ongelowige mense hom nie verstaan nie. Die Skrif sê mos: “Wie weet wat binne-in die Here omgaan sodat hy vir Hom kan sê wat om te doen?” Ons wat sy Gees het, ken Jesus deur en deur.
    LEER OM TE WAG EN TE LUISTER VIR DIE HEILIGE GEES
    Hebreërs 4:12 (NLV) Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop.
    BID GOD SE SEËN OOR JOU HUWELIK
    Numeri 6:22-27 (NLV) Die Here sê toe vir Moses: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle die Israeliete seën: ‘Die Here sal vir jou (ons) goed wees en vir jou (ons) sorg. Die Here sal jou (ons) raaksien en vir jou (ons) sy liefde gee. Die Here sal jou (ons) goedgesind wees en vir jou (ons) voorspoed gee.’ So sal hulle My aan die Israeliete verbind en Ek sal hulle seën.”

Komentáře •