Skenk ons 'n Verlosser! Moenie ophou bid nie. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Luk 1

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 5. 09. 2024
  • "Jou gebed is verhoor!" Wie van ons sal dit nie graag wil hoor nie? Want 'n mens wonder partykeer:
    Hoor God werklik? Ek bid nou al so lank en daar gebeur niks. Vandaar dat mense begin sê: "Ek bid teen die plafon vas." Soms word die gebed heeltemal opgegee. Soms word die kerkgang ook op-gegee. Woordverkondiging, Luk 1 ds Gustav Opperman GK Matlabas.
    Ons bid.
    Hemelse Vader, hierdie pyn is meer
    as wat ek kan verduur!
    Hierdie droogte raak nou regtig te erg.
    Here, my seun is op die verkeerde pad.
    Red tog hierdie huwelik, O Here!
    Genadige God, laat tog U Gees
    in my onbekeerde broer se hart werk!
    Party gee naderhand op.
    Hulle wil dit nie herken nie.
    Niemand sou dit sê nie,
    maar hulle het lankal opgegee.
    Hulle het dalk nog die gewoonte behou,
    soos hulle kerkgang dalk 'n net gewoonte geword het,
    so het hulle gebedslewe dalk net 'n gewoonte geword.
    Maar daar is nie meer 'n diepe versugting nie.
    Die diepe versugting uit die hart ontbreek.
    Sagaria en Elisabet het nie opgehou bid nie.
    Sy was onvrugbaar …en op ver gevorderd leeftyd.
    Sagaria het nie opgehou kerk toe gaan nie.
    Sagaria het steeds sy amp vol gestaan ...
    tot op dié dag dat hy die engel
    in die tempel van die Here gesien het.
    Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor!
    Jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar.
    Jy moet hom Johannes noem.
    Die ou man hoor hierdie merkwaardige woorde.
    Hy hoor dit op sy knieë.
    Hy hoor dit in die amp.
    Hy hoor dit in die tempel van die Here.
    Bron: Lukas 1
    Skenk ons 'n Verlosser! Moenie ophou bid nie.
    Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas
    2018 12 23
    Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by ons internetbediening!
    Skryf asb in op ons CZcams kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning
    1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
    Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Na...
    2) Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
    3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
    4) Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
    5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake. Kontak ons: reformeer@gmail.com
    6) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
    7) Ons gemeente is 102 jaar oud.
    Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
    Ons Woorde uit sy Woning CZcams-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
    Indien u ons CZcams-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
    Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.
    Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie.
    Musiek gebruik in hierdie video:
    Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
    Ps 144 Glorieryke Psalms
    www.ico.org.za info@ico.org.za
    Tel: 0824914965/ 012 332 0336
    Orrelis: Harry Jonkers

Komentáře • 4

  • @adalizasmit1916
    @adalizasmit1916 Před 3 lety

    Goeie naand Ds ek luister na u preek en ek wonder wanneer gaan ons n Sagaria kry om vir ons volk te begin bid

    • @jacobpfister532
      @jacobpfister532 Před 3 lety

      Japie
      As ek stil raak en trug kyk op my lewe..Is net my ma se gedede wat my gespaar het

    • @WoordeuitsyWoning
      @WoordeuitsyWoning  Před 3 lety

      Japie, jy eggo wat ons ook in ons hart ervaar. Ons ouers se gebede het genade voor God se troon gevind.

    • @WoordeuitsyWoning
      @WoordeuitsyWoning  Před 3 lety

      Adaliza Smit, dankie vir jou terugvoer. Daar gaan baie gebede op vir ons volk. Maar ons verstaan die geloofsverlange van jou hart. Gustav en Ina