Hart vol winter - Andries Enslin, 10 Junie 2018

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 9. 06. 2018
  • DATUM: 10 JUNIE 2018
    PREDIKER:ANDRIES
    REEKS:WINTERRITME
    TEMA:HART VOL WINTER
    TEKS:ESEGIËL 36:25-27
    ______________________________________________________________________________
    WINTERGEWOONTES
    1 Korintiërs 16:6-7 (NAV) By julle sal ek moontlik oorbly of selfs die winter deurbring, dan kan julle my voorthelp op my verdere reis, waarheen dit ook al mag wees. Ek wil julle nou nie net in die verbygaan besoek nie, maar ek hoop om 'n tydjie by julle deur te bring, as die Here dit toelaat.
    PASOP VIR DIE KOUE
    Romeine 10:11 (NAV) Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.”
    GOD KYK NA DIE TOESTAND VAN JOU HART
    2 Kronieke 16:9a (NAV) “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou ...”
    GOD SE BELOFTES
    Esegiël 11:19-20 (NLV) “En Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee. Dan sal hulle my opdragte en wette gehoorsaam. En hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.”
    Esegiël 36:25-27 (NLV) “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel.”
    HOE DOEN HY DIT?
    1 Johannes 4:17-18 (DB) So bereik die liefdevolle God sy doel met ons: ons kan die oordeelsdag met vrymoedigheid, sonder om bang te wees, tegemoetstap. In hierdie wêreld is ons situasie immers presies dieselfde as Jesus s’n. Waar daar liefde heers, is daar nie plek vir vrees nie, veral nie vrees vir God se finale oordeel nie. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.

Komentáře •