Glimlag Fees 2022 Vennote

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 7. 09. 2024
  • Glimlag Fees 2022 was ‘n reuse sukses en behalwe vir JOU as feesganger (die volle 8,500 van julle) is daar ook ñ massiewe dankbaarheid vir ons vennote en verskeie rolspelers wat dit moontlik gemaak het! 💛
    Dankie Jacaranda 94.2 ons mediavennoot wat seker gemaak het dat al ons feesgangers deurgaans goed ingelig is. 📻 Dankie ook aan Martin Bester dat jy ons ambassadeurs, Janey&Waney betyds uit die bed gekry het! 💤
    Baie dankie aan Mit-Mak Motors wat ons span en seremoniemeesters in styl laat ry het en Signarama wat ons voertuie so mooi laat 𝘣𝘳𝘢𝘯𝘥 het. Julle is tops! 🙌
    Elite Tents & Events en Renegades, sonder julle absolute puik inisiatief sou die dag beslis nie moontlik gewees het nie! Hoe lekker was dit nie om weer in Afrikaans te kon feesvier nie? 🙏
    Ons feesorganiseerders Elite Tents & Events en Renegades neem enige geleentheid na die volgende vlak met meer as 20 jaar se ondervinding in die bestuur van massiewe geleenthede regoor Suid-Afrika. 💪
    Die span by The Marketing Zoo, dankie dat julle die bemarking en kunstenaars vir die fees hanteer het. 🎤
    Dankie aan Insight Outdoor vir al die ongelooflike blootstelling op jul advertensieborde wat ons feesgangers kon aanskou. 🥳
    Dankie aan LIFT Airline wat seker gemaak het dat van ons kunstenaars veilig kon vlieg en hulle almal van regoor Suid-Afrika kon saam bring op die spesiale dag! ✈️ Dankie ook aan Summer Garden Guest Houses wat van ons kunstenaars gehuisves het met ‘n onvergeetlike 4-ster ondervinding. ⭐⭐⭐⭐
    Aan die manne van Gas Monkey Pub & Grill Vanderbilj, baie dankie vir die infrastruktuur ondersteuning wat seker gemaak het dat almal ‘n lafenis geniet by die fees. 🍻 Julle het verskriklik hard gewerk, die Oosrand se mense kan jolig raak! Dankie ook aan Footy's wat ons kunstenaars agter die verhoog en feesgangers verfris het met die heerlikste natuurlike en gesonde cocktails. 🍹Ons verlang al reeds na jul BERRY VIR JOU CHERRIE en ’n GRAPE VIR JOU BABE! 🤤
    En ‘n ongelooflike dankie aan Loud Level Productions, Stage Alive Production House, en Digital Beat wat ons mooiste herinneringe vasgevang het. 📸📹 Die klank en verhoog was op ‘n klas van hul eie by vanjaar se fees te danke aan MagiCo SA! 🔊 Dankie ook aan die Benoni Northerns Sports Club vir die ongelooflike venue wat die Glimlag Fees gehuisves het - hoe lekker was dit nie? 🙏
    BondiBlu - julle het ons kunstenaars bederf met ‘n stylvolle sonbril om hul oë te beskerm teen die son op so ‘n mooi wolklose dag. 😎
    En dankie Red Bull wat ons kunstenaars gehelp het om hul vlerke te vind en die, energie op die verhoog elektries te hou. 🤘
    En dan aan die Smile Foundation wat sedert die jaar 2000 verseker dat jong Suid-Afrikaners met trots kan #GLIMLAG. Nelson Mandela self het geglo dat die toekoms in ons kinders se hande is. 👧👦 Hulle het sedertdien reeds meer as 4 000 minderbevoorregte kinders met gesigsabnormaliteite, soos gesplete lip en verhemelte, gesigsverlamming en brandwonde, behandel gehelp. Daarom is die Glimlag Fees ten bate van die Smile Foundation om die begunstigde te ondersteun en te laat #GLIMLAG. 🫶
    Ons wil ook graag dankie sê aan Corporate Network Solutions dat julle seker gemaak het ons span kan intern kommunikeer om seker te maak die fees verloop glad. 📱 Ons kon ook te danke aan julle al die feestelikhede op sosiale media deel! 📣 Baie dankie ook aan Moonshine Menlyn dat ons, ons #GllimlagFees2022 VIP bekendstellingspartytjie by jul pragtige restaurant kon hou!
    Ons is bevoorreg om te sê dat ons 12 van Suid-Afrika se top kunstenaars op een verhoog gehad het! 🤘 Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Tasché, Danny Smoke, Martin Bester, Matthew Mole, Bernice West, Riaan Benade, Zaan Sonnekus music, Rita Li Musiek en RNK die was een vir die boeke 🤩. Ons seremoniemeesters Pieter Koen en Henry Bruinette is darem maar net topklas en het omtrent die gees gebring. Die fees ambassadeurs Janey&Waney het ons lekker laat lag en gesorg vir die beste vermaak. 😂 Dankie dat julle ons so baie laat #GLIMLAG het, ons waardeur julle so baie! Selfs Demi Lee Moore, Alter Ego Band en Dodo Nyoka het ook kom kom saam kuier en ondersteun. 🙏 Het julle Demi Lee Moore en Tasché se duet gesien? 😱 Wat ‘n belewenis! ✨
    Aan al ons stalletjiehouers, daar was werklik ietsie vir die hele familie! 👩‍👩‍👧‍👦 Julle uitstekende kliëntediens het seker gemaak dat elke feesganger die fees net kon geniet.🍦
    Ons is ook ewig dankbaar aan die 8,500 feesgangers wat die feestelikhede saam met ons kom geniet het! 🥹 Julle energie was aansteeklik en ons kan nie wag om elkeen van julle by die volgende Glimlag Fees te verwelkom nie! 😁
    Moet nie ophou #GLIMLAG nie, ons sien julle weer! 🥳
    .
    .
    .
    #GlimlagFees #Tickets #Prices #Fees #Kos #Musiek #KinderVermaak #FreeWiFi #Afrikaans #Bier #YskoueBier #TicketPro #SmileFoundation #RenegadesEvents #EliteTents #Festival #Music #Food #drinks

Komentáře •