Kuier Rapport Matriekklas 2022 | Wiskundige geletterdheid Les 1

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 27. 08. 2022
  • Dis weer daardie tyd van die jaar dat matrikulante agter hul boeke moet inskuif om voor te berei vir die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan - hul eindeksamen. Maar matriekonderwysers is bekommerd omdat vanjaar se matrikulante al die ondersteuning moontlik nodig het om te slaag omdat hulle laas in graad 10 ’n volwaardige eksamen afgelê het. Hulle gaan dus die grootste eksamen van hul hele skoolloopbaan moet aflê sonder dat hulle oor die afgelope twee jaar oefening gekry het in die skryf van eksamens. Die Kuier Rapport Matriekklas dien vanjaar weer as middel om matrikulante by te staan ter voorbereiding van hul eindeksamen met addisionele lesse.
    KYK AL DIE LESSE HIER - www.netwerk24....
    Wiskundige geletterdheid
    Wiskundige geletterdheid is ’n interaktiewe vak en sluit alledaagse situasies in waaruit leerders vaardighede aanleer wat hulle in hul daaglikse lewe kan gebruik om probleme op te los. Opvoeders Alicia Keet en Gwendoline Liedeman, die aanbieders van die vak, is dit eens - raak betrokke by finansies in jul huishouding en vind ’n praktiese benadering tot meting.

Komentáře •