Diedies - Die lewe van 'n Spesiale Magte Kleinspanoperateur agter vyandelike linies

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 19. 05. 2024
  • Bespreek op hierdie skakel:
    afriforumteater.co.za/event-d...
    Callie Roos, die gespreksleier is ’n voormalige spesialemagteoperateur en outeur van die boek Diedies, wat handel oor lewe en dood van Andre Diedericks, een van die beste en mees ervare kleinspanoperateurs in die Spesiale Magte.
    Menno Uys het 14 jaar as spesialemagteoperateur gedien, waarvan die laaste ses jaar as kleinspanspesialis.
    Mac McIntyre het 16 jaar in die Spesiale Magte gedien, waartydens hy ’n spanlid, spanleier en groepbevelvoerder in klein spanne was.
    Dr. Johnny O’Neil is ’n oudinfanterieoffisier en bedryfsielkundige wat in sportsielkunde spesialiseer. Hy was vir 12 jaar lank by keuring en ontwikkeling van Spesiale Magte en kleinspanoperateurs betrokke.

Komentáře • 7

  • @tecnospark6231
    @tecnospark6231 Před 2 měsíci +6

    Callie jy maak diep memories los. Ek wens ek Kon na jou show toe kom. Ek verwys na hom as majoor Diederiks. Mense sal nie verstaan wat n man Hy was nie. Hy het deur jou siel gekyk. Ek sal nooit Sy oe vergeet nie. Ek het hom Onder skielike omstandighede ontmoet. Ek was op pad in en Hy op pad uit op dieselfde vlug. Maande daarna by speskop kom n warm vriendelike man na my toe en vra hoe dit gaan, Hy was in civies. Ek Kon nie verstaan Wie die man is nie en uiteindelik help Hy my reg en gee Sy naam, die plek waar ons ontmoet het en Al die details. Ek was geskok or die man se geheu.. majoor Diedies was uniek. Hy was die enigste regte recce wat ek geken het. Altyd nederig. Ek het met baie spesnagte lefe the Doen gehad maar majoor Diederiks het altyd my hart verwarm.

  • @FrancoisBarnard-wr9oc
    @FrancoisBarnard-wr9oc Před 2 měsíci +3

    My kaartjies klaar gekoop. Kan nie wag nie.

  • @riaanbooysen6934
    @riaanbooysen6934 Před 16 dny +1

    Koop kaartjies die 26 julie vir 1ste augustus

  • @morgansmit8564
    @morgansmit8564 Před 8 dny

    Dankie. Waar bestel ek die boek?