Stille Nag - Germandt Geldenhuys (ft. Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger & Paul Lückhoff)

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 20. 12. 2020
  • ⓒ Germandt Geldenhuys
    Jy kan sekerlik saamstem: 2020 was ‘n tawwe jaar wat baie van ons se hoop weg gevreet het en gevolglik gaan hierdie Kersfees dalk ‘n bietjie meer gedemp wees, vir baie mense.
    Dit is presies waaraan ek gedink het op ‘n Maandagmiddag einde November toe iemand my daaraan herinner dat daar in die stil tye van die lewe ook wonderwerke kan gebeur - dat nuwe lewe (en hoop) uit die eenvoud kan spruit.
    Ek het toe besluit ek wil “Stille Nag” (my ma se gunsteling Kerslied) opneem en vrystel oor die feestydperk.
    Ek het dadelik my vriend (en maestro!), Sean Butler, genader om die opname te behartig. (Al was die “deadline” letterlik 7 dae, het hy ingestem en tot in die middernagtelike ure gewerk.)
    Sean, daar is nie baie mense soos jy nie. Jy is ongelooflik. Baie dankie.
    Ek wou graag ook vir ‘n slag iets saam my vriende doen - al was dit net iets klein - en ek besluit toe om van my vriende by Binnelanders saam te nooi om te kom saamsing!
    Hierdie manne het almal binne sekondes “ja” gesê toe ek dit aan hulle voorstel en elke liewe een van hulle het uit hulle pad gegaan om van hierdie projek ‘n sukses te maak.
    Dankie manne. Ek is trots om julle my vriende en kollegas te kan noem.
    Saam julle sal ek oorlog toe gaan.
    Ek het ook besluit dat ek hierdie projek alles ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis gaan doen. So, elke keer wat jy die song aflaai, koop, speel of share, doen jy dit met die wete dat jy ‘n klomp kinders se Kersfees en Nuwe Jaar ‘n klein bietjie lekkerder gaan maak. Al die opbrengs word net so aan hulle geskenk.
    Ek hoop julle geniet - en word geraak - deur hierdie weergawe van Stille Nag deur my, (Germandt Geldenhuys), Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger en Paul Lückhoff.
    SHARE sover as wat jy kan, asseblief.
    Hoe meer mense luister hoe meer fondse samel ons in. En sodoende versprei ons sommer ook die Kersfeesgees!
    NOW AVAILABLE FOR DOWNLOAD/STREAMING ON APPLE MUSIC, ITUNES, SPOTIFY, DEEZER, CZcams MUSIC: linktr.ee/germandtgeldenhuys
    Spesiale dank aan:
    * Sean Butler + MELODY LANE STUDIOS se musikante en redigeerders vir al hulle harde werk met die opname van die lied.
    * Linzay Coetzee (DUIDELIK) vir die ontwerp van die bemarkingsmateriaal, die ontwerp van die album-omslag en ook jou onbaatsugtige hulp en ondersteuning deurentyd.
    * NG Kerk Lindenpark, vir die gebruik van hulle kerkgebou.
    * Noeleen Fenske vir bydraes met grimering vir die "shoot".
    * Charl van Biljon vir jou insette i.t.v regie.
    * Donovan Benade + Dewald de Witt van MEMORY LANE STUDIO, vir die skiet en redigering van hierdie musiek video. Julle ouens is ysters! Baie dankie.
    * Tania Fourie Promosies - dankie dat julle ingespring het en gehelp het met verspreiding + media.
    * Ernst Swart, vir al jou hulp met die publisiteit van die liedjie en die video.
    Laastens, dankie aan die Here vir al die talente wat Hy ons gegee het. Mag Sy naam hierdeur omhoog gehou word.
    _______________________________________
    I’m sure you can agree: 2020 was a tough year.
    As a result, Christmas, for many people, might not be the same.
    That is exactly what I was thinking about on a Monday afternoon late November when someone reminded me that miracles most often happen in life’s “silent” moments, and that new life can sprout from the most unlikely places.
    I decided then and there that I wanted to record “Stille Nag” (Silent Night in Afrikaans) and release it over the 2020 Festive Season. (It also happened to be my mother’s favourite Christmas carol.)
    I immediately phoned my friend, Sean Butler, to do the recording. (Even though our deadline was literally 7 days, he agreed - even if it sometimes meant that he worked into the early hours of the morning.)
    Sean, there aren’t many like you - you are incredible.
    THANK YOU.
    I also wanted to work with my friends again, even if just for a short little while. So I asked some of my friends at Binnelanders to sing with me!
    They all agreed within seconds of me asking and they really went out of their way to make sure that this project was a massive success.
    Thank you, guys. I am proud to call you my friends and colleagues. I’d follow you guys into any battlefield
    I also decided that this project was going to be done to benefit the the Abraham Kriel Orphanage.
    So, every time that you download, play + share this song, you are helping us make this Christmas and New Year a special one for a whole bunch of kids. All profits will be donated to them, directly.
    I hope you enjoy (and are touched by!) this version of ’Stille Nag’ (Silent Night) by me (Germandt Geldenhuys), Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger + Paul Luckhoff.
    Please SHARE as far + wide as you can.
    The more people listen, the more monies we can raise.
    AND we get to spread the Christmas spirit a little bit more.
    NOW AVAILABLE FOR DOWNLOAD/STREAMING ON APPLE MUSIC, ITUNES, SPOTIFY, DEEZER, CZcams MUSIC: linktr.ee/germandtgeldenhuys

Komentáře • 168

  • @germandt.g
    @germandt.g  Před 3 lety +56

    BAIE DANKIE aan almal wat Stille Nag sover ondersteun het! ONTHOU asb om die song ook te gaan luister/koop/download op iTunes/Apple Music/Spotify ens. Dis al manier hoe ons kan fondse insamel vir die Abraham Kriel Kinderhuis. (Volle details in die beskrywing hierbo!)

  • @x10a91
    @x10a91 Před 2 lety +2

    baie dankie en seën aan jul almal vir hierdie uitstekende weergawe van stille nag...... jul stemme is opgeteken in die hemele

  • @lizettekieser2412
    @lizettekieser2412 Před 3 lety +7

    Wow hoe spesiaal is dit nie, Ben Kruger, in goeie herinneringe

  • @annamartviljoen1919
    @annamartviljoen1919 Před 3 lety +7

    Namens Abraham Kriel Bambanani wil ons regtig almal aanmoedig om saam te JUIG !!

  • @ionakunneke9670
    @ionakunneke9670 Před rokem +2

    Ongelooflike weergawe van Stille nag!! Briljant en hartroerend gedoen!!!

  • @ceciliaduplooy7847
    @ceciliaduplooy7847 Před 2 lety +2

    Baie dankie vir hierdie opname van "Stille Nag" dit is so spesiaal. Julle manne het die mooiste stemme. Dankie, dankie 🙏🙏 en dis nog soveel meer spesiaal omdat Ben Kruger ook saam gesing het.

  • @tbreg606
    @tbreg606 Před 2 lety +10

    Absolutely stunning. What an honour to have South African actors with this amazing talent. You are each blessed with a very unique voice. I loved the church ambience. Made me think of yonder years. Bless you all and once again. "Okkie" ek sal jou verskriklik mis. Dit was 'n voorreg om na baie jare se Binnelanders na jou te kyk. Rus sag. 🤗🙏

  • @mariegrunewald3729

    Fantasties!!!! Pragtig elkeen van julle sangers. ❤❤❤❤❤

  • @Niventro
    @Niventro Před 3 lety +19

    Ik ben Nederlands en vindt dit zelfs mooi!🤣

  • @jmlewis01
    @jmlewis01 Před rokem +1

    Baie mooi en special. RIV oom Ben.

  • @theflammiferofwesternesse6122

    Alle liefde vir Afrikaners hierdie kersseisoen. Groete, uit Sjina.

  • @christirossouw5209
    @christirossouw5209 Před 3 lety +12

    Absoluut uit die hart gesing! PRAGTIG! Julle kan gerus n groep begin!!! Die CD'S sal van die rakke af vlieg!!

  • @riamarx2008
    @riamarx2008 Před rokem +1

    O my hart....dit is ongelooflik mooi

  • @evadnecoetzee3934
    @evadnecoetzee3934 Před 2 lety +2

    Julle is so kosbaar vir ons 💗🙏

  • @reinierbekker5916
    @reinierbekker5916 Před 3 lety +7

    Ongelooflik! Nooit besef Germandt het so ñ besondere stem nie! Geluk aan almal betrokke - ñ voortreflike weergawe!!

  • @rinayoung2094
    @rinayoung2094 Před 3 lety +9

    Pragtig....wonderlik..

  • @bennievanderwalt-wz1pe

    Ons gaan vir wyle Ben Kruger baie mis baie mooi

  • @tebraduplessis5474
    @tebraduplessis5474 Před 3 lety +13

    Wat 'n voorreg om na julle te luister. Dit is pragtig. Die Here het vir julle 🎤 🎼 mooi stemme gegee.

  • @desertchild1
    @desertchild1 Před 3 lety +4

    Asemrowend! Baie baie dankie vir die ongelooflike GROOT Kersfees seen wat julle op ons laat neerdaal het met die pragtige sang.

  • @hesterginsberg8056
    @hesterginsberg8056 Před 2 lety +1

    Amazing nou is van hulle nie meer saam ons nie RIV Ben