23 Junie 2024: | Past Ben Steyn | "IS DAAR OLIE IN JOU KAN" | Skriflesing. Math. 25 : 1 - 6

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 22. 06. 2024
  • ‭MATTHÉÜS 25:1-12 AFR53‬
    [1] DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. [2] En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. [3] En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. [4] Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. [5] En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. [6] En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! [7] Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. [8] En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. [9] Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. [10] En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. [11] Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! [12] Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
    bible.com/bibl...

Komentáře •