Op pad met Afrikaans - Huisie op die vlak

Sdílet
Vložit
  • čas přidán 27. 08. 2024
  • Hannes en Amanda Mostert is besondere mense. Hulle lewe 'n eie lewe, weg van die besoedeling en verleiding van die wêreld waarin die res van die mensdom soos marmotte spartel. Om iemand soos Hannes in die oë te kyk, is om iemand te sien in wie daar nie kwaad skuil nie. Op Grasvlakte, waar ek verstom was om 'n lewende siel agter 'n byna toegewaaide en 'verlate' erf en huis aan te tref, het ek gelag dat my ribbes vir dae daarna nog seer was. Maar dit was 'n klein prys om te betaal vir 'n kuier wat my gemoed vol deernis en respek gelos het.

Komentáře •