eNCAeNUUS
eNCAeNUUS
  • 6 311
  • 5 246 535
Navorsers in Kaapstad takel nie-oordraagbare siektes
Kaapstad, Wes-Kaap, 11 Desember - Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word 74% van alle sterftes wêreldwyd deur nie-oordraagbare siektes veroorsaak.
Een navorsingsinstelling in Kaapstad fokus daarom met goeie rede op die effektiewe opsporing en behandeling van kardiometaboliese siektes.
Dit sluit toestande soos vetsug, diabetes, hoë bloeddruk, en kardiovaskulêre kwale in.
zhlédnutí: 377

Video

Dié burgers die sous werd
zhlédnutí 495Před 8 měsíci
Pretoria, Gauteng, 10 Desember - Byna elke restaurant het hamburgers op hul spyskaart, maar min verstaan die kuns agter dié wêreldbekende dis. Net meer as 'n dekade gelede het twee vriende van Pretoria die gaping in die mark raakgesien. Met 'n fokus op spesialis-burgers het Corné Read en Jan-Hendrik van Staden die eerste Burger Bistro in die Moot op die been gebring. Hulle is onlangs deur Uber ...
Werklose jongmense help om Kaapse Vlakte veilig te maak vir kinders
zhlédnutí 280Před 8 měsíci
'n Groep van 30 werklose jongmense van Hanover Park in Kaapstad veg om hul strate terug te neem by bendes wat hul gemeenskappe onveilig maak. Hulle het verskeie programme wat daarop gemik is om kinders van bendegeweld weg te hou. Weens bende-bedrywighede op die Kaapse Vlakte word baie kinders gedwing om binnenshuis te bly, nadat van hul maats dood is toe hulle deur dwaalkoëls getref is.
Ramaphosa besoek Vrystaatse munisipaliteit te midde van diensleweringskrisis
zhlédnutí 326Před 8 měsíci
Welkom, 9 Desember - Inwoners van Welkom in die Vrystaat sê hulle is keelvol vir die stank van rou riool wat in die stad se strate hang. Die Matjhabeng-munisipaliteit gaan al jare lank gebuk onder erge diensleweringsprobleme en bewerings van korrupsie. President Cyril Ramaphosa het die gebied hierdie week besoek as deel van 'n presidensiële imbizo. Hy het by dié geleentheid erken Vrystaatse mun...
Wit klere by diens vir vermoorde ma en seun: "Dis 'n teken van hoop"
zhlédnutí 4,2KPřed 8 měsíci
Die gemeenskap van Alberton in Gauteng het saam met familie en vriende afskeid geneem van Nadine Terblanche en Ruandré Vorster. Die ma en haar 9-jarige seun is op 27 November 2023 grusaam by hul huis in die woonbuurt Randhart vermoor. Hulle begrafnis is by Doxa Deo Meyersdal gehou.
“Dis opvoedend en baie opwindend” - Wes-Kaapse leerlinge vertel oor hul ervaring van robotika
zhlédnutí 268Před 8 měsíci
Malmesbury, 8 Desember - Leerlinge in die Wes-Kaap wat deel is van 'n kodering- en robotikaprogram sê hulle voel bemagtig vir praktiese beroepsmoontlikhede in die toekoms. Span "Innovatrix" van die Wesbank Sekondêre Skool in Malmesbury gaan hierdie naweek deelneem aan die FIRST Tech Challenge. 32 skoolspanne moes elkeen 'n robot volgens vasgestelde spesifikasies bou en dit programmeer om vasges...
Onderhoud: Nasionale Gesondheidsversekering in kollig
zhlédnutí 271Před 8 měsíci
7 Desember - Philip van Staden het by ons aangesluit om oor die omstrede NGV-wetsontwerp te gesels. Hy is die VF Plus se senior woordvoerder oor gesondheid en ook 'n lid van die parlementere portefeuljekomitee oor gesondheid.
Nasionale Gesondheidsversekering ontlok kritiek uit talle oorde
zhlédnutí 224Před 8 měsíci
7 Desember - Ná die NGV-wetsontwerp deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is, het pleidooie begin instroom dat dit nié deurgevoer moet word nie. Die regering verkoop Nasionale Gesondheidsversekering as ’n oplossing vir die land se gesondheidsorgkrisis, wat gehalte mediese sorg vir alle Suid-Afrikaners sal verseker. Maar kritici uit byna elke belanghebbende sektor waarsku dat die sta...
ArcelorMittal begin met afleggingsproses
zhlédnutí 533Před 9 měsíci
Vereeniging, Gauteng, 5 Desember - 'n Onseker Kersfees en nuwe jaar lê vir duisende ArcelorMittal-werkers voor. Die staalreus het met 'n grootskaalse afleggingsproses begin. Dit volg nadat hulle onlangs aangekondig het dat hulle langstaalaanlegte in Newcastle en Vereeniging gaan sluit. Dié besluit raak sowat 3 500 werknemers.
Twee verteenwoordig SA by Wêreld Gholfbeker Amateurreeks in Turkye
zhlédnutí 150Před 9 měsíci
Antalya, Turkye, 5 Desember - Euan McNeil en Bertus Schaap het die voorreg om die land te verteenwoordig in die sport waarvoor hulle lief is. Die belangrikheid van hierdie taak sink hierdie week by hulle in terwyl hulle teen van die wêreld se bestes te staan kom by die Wêreld Gholfbeker Amateurreeks. eNuus se Justin Ford en kameraman Zaid Harris doen verslag uit Turkye.
Wes-Kaap deel beurtkraghulpmiddels uit aan weerloses
zhlédnutí 130Před 9 měsíci
Atlantis, 4 Desember - Misdadigers slaan munt uit die land se voortslepende kragkrisis en vir baie Suid-Afrikaners wat noustrop trek, raak dit boonop al hoe moeliker om selfs kerse te koop om die donker weg te hou. Die Wes-Kaapse regering het beurtkraghulppakkette aan die mees kwesbares, insluitend ’n plek van veiligheid vir slagoffers van geslagsgeweld, uitgedeel. Dit terwyl die veldtog vir 16...
Donker vooruitsigte vir watervoorsiening in SA
zhlédnutí 215Před 9 měsíci
Johannesburg, 4 Desember - Kenners waarsku dat Suid-Afrika se watergehalte en -infrastruktuur al hoe meer agteruit gaan en dat ons nog vir lank 'n waterkrisis kan beleef. Dit terwyl verskeie gebiede in Gauteng reeds maande lank sonder lopende water is. 31 mense is vroeër vanjaar in Hammanskraal dood weens 'n cholera-uitbreking - 'n tragedie wat volgens 'n waterkenner voorkom kon word.
Ses jaar ná leeu-aanval: "Ons soek geregtigheid, nié wraak"
zhlédnutí 2,2KPřed 9 měsíci
Pretoria, Gauteng, 3 Desember - Byna ses jaar nadat 'n jong vrou deur 'n leeu doodgebyt is, sit haar gebroke ouers steeds met baie vrae. Megan van der Zwan is in 2018 by 'n boskamp in die Dinokeng-reservaat deur 'n leeu aangeval. Die kamp is langs die Kevin Richardson Wildlife Sanctuary geleë. Richardson, wat as die "leeu-fluisteraar" bekendstaan, word nou in verband met haar dood aangekla.
Ses SA legendes by die South African Gallery of Legends ingelyf
zhlédnutí 189Před 9 měsíci
Pretoria, Gauteng, 3 Desember - Die South African Gallery of Legends het ses nuwelinge in dié prestigeryke instelling verwelkom. En hoewel hulle dalk die jongste toevoegings is tot die galery, is diegene wat vereer is almal veterane in hulle onderskeie velde - hetsy sport, kuns of kultuur. Die galery is gestig om suksesvolle Suid-Afrikaanse individue en spanne te vereer, veral diegene wat die l...
Tuinier in aanhouding ná moord op ma en seun
zhlédnutí 2,7KPřed 9 měsíci
Palm Ridge, Gauteng, 30 November - 'n 37-jarige man van Zimbabwe het in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met 'n dubbele moord. Pardon Danhire word daarvan aangekla dat hy Nadine Terblanche en haar 9-jarige seun, Ruandré Vorster, in Alberton vermoor het. Danhire het nie om borgtog aansoek gedoen nie en bly in aanhouding.
Dubbele moord ruk Oos-Rand
zhlédnutí 3,9KPřed 9 měsíci
Dubbele moord ruk Oos-Rand
Veelpartyhandves: "Meer waaroor ons saamstem as wat ons verdeel"
zhlédnutí 505Před 9 měsíci
Veelpartyhandves: "Meer waaroor ons saamstem as wat ons verdeel"
Beurtkrag sonder einde: klein besighede spartel om kop bo water te hou
zhlédnutí 215Před 9 měsíci
Beurtkrag sonder einde: klein besighede spartel om kop bo water te hou
Hulde gebring aan “Sutherland-Nege” toe oorskot herbegrawe word
zhlédnutí 202Před 9 měsíci
Hulde gebring aan “Sutherland-Nege” toe oorskot herbegrawe word
Verbruikers draai sente om op Swart Vrydag
zhlédnutí 217Před 9 měsíci
Verbruikers draai sente om op Swart Vrydag
Oscar kry parool, maar streng voorwaardes sal geld
zhlédnutí 1,4KPřed 9 měsíci
Oscar kry parool, maar streng voorwaardes sal geld
Ouers woedend oor kind se kuif wat voor klas geknip word
zhlédnutí 837Před 9 měsíci
Ouers woedend oor kind se kuif wat voor klas geknip word
Stad Kaapstad “volg riglyne noukeurig vir storting van rioolwater”
zhlédnutí 272Před 9 měsíci
Stad Kaapstad “volg riglyne noukeurig vir storting van rioolwater”
City Power loop deur na hulle JHB-beurtkragskedule oorneem
zhlédnutí 143Před 9 měsíci
City Power loop deur na hulle JHB-beurtkragskedule oorneem
eNuus 2023 11 20 19 00 38
zhlédnutí 477Před 9 měsíci
eNuus 2023 11 20 19 00 38
Belowende jong pianis: “ek laat alles uit op die klavier”
zhlédnutí 473Před 9 měsíci
Belowende jong pianis: “ek laat alles uit op die klavier”
Heldehond ná 10 dae met ounooi herenig
zhlédnutí 779Před 9 měsíci
Heldehond ná 10 dae met ounooi herenig
AfriForum-verslag: slegs 19% riool-afvalwater word voldoende behandel
zhlédnutí 64Před 9 měsíci
AfriForum-verslag: slegs 19% riool-afvalwater word voldoende behandel
Sussie steeds soek, meer as 'n week ná heldedaad
zhlédnutí 395Před 9 měsíci
Sussie steeds soek, meer as 'n week ná heldedaad
Onderhoud: Boere, uitvoere en die herrie oor swart-bemagtigingsvereistes
zhlédnutí 127Před 9 měsíci
Onderhoud: Boere, uitvoere en die herrie oor swart-bemagtigingsvereistes